× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

11 years 4 months ago #261321 by Bytjie
Naand mense,

Lagogies, baie baie geluk met jou seuntjie se geboorte. Hallo Matthew.

Zarah, my maat hallo en hoe gaan dit met jou. Dis altyd lekker om so af en toe iets van jou te hoor.

Nunu, liewe mens, wat nog....jammer dat jy so 'n slegte ervaring gehad het jong. Moed hou asseblief vrou. Dis juis wanneer mens dit die minste verwag dat die beste goed met jou gebeur. Ek hoop die slegte ondervinding het 'n positiewe resultaat. Voorspoed met die TWW.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #261299 by Zarah
Hi almal

Net n vinnige update.
Lagogies se baba is vandag gebore.
Vris en gesond en pragtig!
Welkom Matthew!

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #261287 by Meisiekind
Ai Nunu, so jammer om dit te hoor. :( Kan dink dat die ervaring 'n skok moes gewees het. Die een keer wat ek al daar deur was, was so maklik dat ek my nie kon indink dat dit soms moeilik gaan nie.

Ek dink wel jy moenie nou moed opgee nie. Dis altyd die donkerste voor die son opkom. Heel moontlik is dit net die serviks wat bietjie seer gekry het en die bloeding veroorsaak (nie die baarmoeder nie) en jou ML se swemmers is veilig binne die baarmoeder, naby aan die buise.

Kan nie help om te dink hierdie is juis een van daai gevalle waar jou geloof getoets word nie. Soos jy genoem het, jy doen wat jy kan. God moet sorg vir die res, maar jy gaan jou vertroue in Hom moet sit en nie in mense (dokters) se vermoëns nie. By Hom is alles moontlik - jy moet net aanhou glo. Ek het al soveel keer in die verlede gesien dat ek dink hoe kan daar moontlik 'n uitkoms wees vir 'n probleem en dan word ek aangenaam verras wanneer ek sien wat God se plan was.

Sterkte vir die volgende paar dae!! Ek dink aan jou in die 2ww. :heart: :heart: :heart:

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!
The following user(s) said Thank You: Nunukie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #261280 by Nunukie
More almal

Fairymommy - Baie goeie besluit. Dit help nie jy is nie OK en jy probeer nogsteeds nie. Daar is soveel druk en emosies.....Sterkte vir julle. Vat genoeg tyd.....glo my dit is nodig.

EllaM - Baie welkom hier by ons. Ek hoop jou pad van ttc is sommer kort. Hier deel ons lekker met mekaar, aangesien meeste van ons met dieselfde probleme en uitdagings sit.

Bytjie, ek is seker jou seuntjie hou jou lekker besig...so as jul weer begin met ttc...gaan dit tyd sommer gou verby gaan en as jy jouself kom kry is no2 oppad

Meisiekind - nou dat jy dit noem, het ek ook hoofpyn gehad, maar darem nie te erg nie. Sterkte met die meds. Ek dink ook dit is beter om in die aand te neem.

Julle gister se KI was AAKLIG!!! Ek dink ek het dalk 'n voorgevoel gehad (Nee, ek nie bysiende of weird nie :silly: )
My FS het gesukkel om die kateter (Sorry vir spelling) in te kry. Hy het laaannnkkk gesukkel en toe 'n ander kateter probeer. My man se oe het net gerek toe hy afkyk en na die tyd vir my gese als was vol bloed.
Dit was REDELIK PYNVOL!!!!!! :(
FS het gese daar sal bietjie bloeding wees, aangesien met die sukkel die kateter die kliertjies aan biinekant seergemaak het. So daar was gisteraand ligte bloeding, maar nie te erg nie.
Vanoggend is dit asof die AF heks opgedaag het....
Ek het die suster gebel en genoem en sy sal by FS hoor of dit reg klink en my laat weet.
EK voel bietjie sensitief daaronder....
Ai julle....Ek het so nie dit nodig nie..... :cry: Ek het regitg gedink na 'n 6 maande breuk ek REG en POSITIEF gaan wees vir die KI's, maar lyk my nie so nie...na gister se episode is ek net nog meer afgesit....en ek hoef seker nie te noem dat ek GEEN HOOP het op 'n BFP nie...ek kan nie dink dat dit gaan werk nie.....FS het niks gese nie. Volgens hom het hy die sperm ingekry waar dit moet wees, maar met al die bloed wat afkom se my brein die spermpies is saam uit :cry:

Maar, vanoggend se my dagstukkie....DOEN WAT JY KAN....so ek doen wat ek kan. Ek sal myself maar net weer optel en aangaan.....Dis hoe dit werk :P

Lekker dag vir almal

ME: 33, PCOS
DH: 31, Low Morphology
TTC since 2006
Clomid & Natural Remedies
2011
IUI #1: BFN
IUI #2: Cancelled
BREAK
2012-2013
Natural remedies - No luck
2014
New FS
March: LAP - Romoval of Pollyp & Endio
June: IUI #1 -Fertomid (100mg) - BFN
July: IUI #2 - Clomihexal (100mg) - BFN
Aug: IUI #3 - Clomihexal (100mg) & Gonal F (450 IU/0.75ML) - BFP
Beta #1: 154
Beta #2: 390
M/C 9 weeks - Heartbroken
Taking a break :)
2015 - Let's try again
May: IUI#4 - Fertomid 100mg & Gonal F 450 IU/0.75ML

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #261257 by Meisiekind
Twinkle, dankie vir jou mooi woorde en dat jy laat weet oor Lagogies. Sterkte ook vir jou groot dag wat nie meer ver is nie. :heart:

Lagogies, sterkte vir môre!! Sal dink aan jou en bid dat alles goed sal verloop. :heart:

Nunukie, hoop vanmiddag se KI het goed afgeloop. Nou vir die 2ww - sterkte! Jammer om te hoor jy voel so af. Ek dink jy moet dit net 1 KI op 'n slag vat. Daar is geen twyfel by my dat jy 3 sal kan doen nie, maar fokus vir nou net op hierdie een. En ek dink nie jy moet worry oor die follies wat kleiner en stadiger groei as laas nie. Ek is oortuig dat ons Dok nie sou voortgaan as daar twyfel by hom was oor die gehalte van jou follies nie. Ek het met myself al gesien dat die eerste siklus op meds na 'n tydperk van geen meds, altyd stadiger is. Jy sal sien - indien dinge nou nie die keer uitwerk nie, gaan jou follies volgende keer baie meer responsive wees vir die meds. Maar kom ons hoop dat dit glad nie nodig is om nog 'n keer te doen nie. Ek dink aan jou en bid dat alles goed sal uitwerk vir julle. Die Here het 'n plan met elkeen van ons. Ons moet net geduldig wees en aanhou glo. :heart: :heart:

O ja, en ek wou ook sê, onthou dat ligte depressie 'n baie algemene newe effek is van meeste hormoon behandelinge. Ek voel ook baie keer af vir amper geen rede wanneer ek die meds vat. Dit help my altyd om myself te herinner dat daar nie fout is met my kop nie - dis net die effek van die meds. Die moegheid is heel moontlik vir die selfde rede. Het self al gesien dat sekere hormone my altyd moeg maak.

Fairymommy, jammer om te hoor dit gaan nie so goed nie. Byt vas - jy sal hier deur kom. Ek stem ook saam dat dit klink na 'n goeie besluit om eers 'n break te vat. Kry eers jouself op 'n positiewe plek dan sal die res vinnig in plek val. :heart:

Ellam, baie baie welkom hier! Bly dat jy besluit het om bietjie saam te gesels. Ek kan met redelike sekerheid sê dat die vroue op hierdie thread almal verstaan waar deur jy gaan. Baie van ons het ook PCOS en verstaan die uitdagings daaraan, asook die impak op mens se huwelik ens. Daar is beslis hoop as mens kyk na die hoeveelheid vroue hier wat, ten spyte van baie uitdagings, in die laaste jaar swanger geraak het. Ek hoop dat jy sommer gou die goeie nuus kry waarop jy hoop. :)

Bytjie, dankie vir die inloer. :)

Wat my betref en om Nunu se vraag te beantwoord, ek het vanaand met Fertomid en Gonal-F begin (CD3). Ek het laas definitief hoofpyn van die Gonal-F gekry, so sal kyk hoe dit die keer gaan op die laer dosis. Fertomid gee ook maar newe effekte. Ligte depressie na 'n paar dae daarvan is een wat ek al opgelet het. En al die hormoon skommelinge gee my elke keer erge IBS simptome en aambeie daarmee saam. Wat ons nie alles sal deurmaak vir 'n babatjie nie. :)

Die week is ook al amper weer op 'n einde - geniet die laaste 2 dae julle!

Me: 38 (PCOS, anovulation, endo)
DH: 41
DS: Our miracle boy conceived naturally, born Feb 2012
DD: Our miracle girl conceived naturally, born Sep 2019

TTC#2 June '13
Dec '13 - Dec '14: 8 cycles Fertomid (4x50mg; 4x100mg) - referred to FS May 2014
Jan '15: Laparoscopy and hysteroscopy - removed Endo, improved structure of 1 tube
Apr '15: IUI#1 - BFN
May '15: IUI cancelled, too many follicles
Jun '15: IUI#2 - BFN
Oct '17: IVF aspiration
Nov '17: FET#1 - BFN
Apr '18: FET#2 - BFN
Jun '18: FET#3 - BFP - early MC
Aug '18: FET#4 - BFP - early MC
Sep '18: FET#5 - BFP - early MC
Jan '19: Natural BFP!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #261252 by Bytjie
Hallo dames, so bly om te sien ons nie meer net drie wat hier gesels nie :woohoo:

Nunu, hoop jy voel al beter en dat die KI goed afgeloop het.

Ellam, welkom by ons groepie. Ek het ook PCOS en all that jazz. Ek was baie gelukkig op my TTC pad met die dat ek nou 'n pragtige sewe maande oue seuntjie het. En ons wil Junie of Julie weer begin TTC vir nr 2 want ek word 39 in Desember. Sterkte met jul pad (dis nie maklik nie) en ek hoop dis nie te lank nie.

Lagogies, voorspoed vir more en wanneer jy weer kans kry, kom sit vir ons 'n foto van die kleintjie op asseblief.

Fairy, ek's regtig jammer om van jou probleme te hou. Maar ek dink julle het die regte besluit geneem om eers jouself uit te sorteer voordat julle weer TTC. Hoop jy word voel gou beter en dat jy ons sommer vroeg volgende jaar weer sal join.

Meisiekind, jammer oor die BFN maar yay vir AF en die begin van 'n nuwe siklus. Hoop die dosis is die maand reg en dat dit jul maand vir 'n BFP is.

Twinkle, het jy al begin om daai skattige klein kleertjies te was. Ek het 'n traan in my ogie gekry die eerste keer toe ek die kleertjies op die wasgoedlyn gesien het.

Lekker aand vir almal verder.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 4 months ago #261248 by ellam
Hallo dames,

Ek is n baie stil member van Moomie - een rede is omdat ek en DH vir n ruk ophou probeer het vir kidz. Wel, nou probeer ons weer. Die hele probeer ding is maar erg op n mens se huwelik en ek probeer maar om nie te veel op alles te fokus nie.

Maar met my PCOS en die feit dat ons al vir 6 maande probeer... Ek ek uitgevind het dat ek nie ovilate nie, is dit lekker om na die forum te kom en memse te he om daaroor te praat. Mens wil nie regtig die met die mense naby aan jou deel nie, dit skep so baie druk.

My dokter my op medikasie gesit met die hoop dat ek my siklus terug kry. Eks nou op CD7 en hoop maar net vir die beste.

Jammer - eks nog nie so goed met die lingo nie.

Ek is nog nie op hoogte van almal se stories nie, maar sal dag vir dag leer. Dink aan al julle dames wat ook saam probeer!

EllaM







Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account