Hello julle almal!
Dis elke keer vir my lekker om te sien hoeveel van die nuwe mammas (of amper daar) weer kom inloer en ons bietjie moed inpraat. Dankie julle!
Nunukie, ek stem heeltemal saam met jou laaste post. Ek het self nou nie baie jare van probeer agter die rug nie, maar dit is nou al ookal 2 jaar vir ons en partykeer frustreer dit my om te sien hoe van die dames op die ander threads op hol raak oor die kleinste goedjies en in 'n totale toestand ingaan oor 'n enkele siklus wat nie uitgewerk het nie. So moet ek ook maar aan myself werk om my gesindheid reg te hou.
Ons moet mekaar ondersteun in hierdie tyd, so ek gaan meer moeite doen om gereeld in te loer en hoor hoe dit gaan. Al is dit dan nou ook net ek en jy (en seker binnekort Bytjie

) wat oor TTC dinge gesels.
Ek is seker jou follies is nog besig om wakker te word na die lekker vakansie wat julle gehou het.

Op die groottes wat joune nou is, is daar in elk geval nie meer omdraai nie, so ek is seker alles gaan goed uitwerk vir julle KI die maand. En 3 follies klink vir my na 'n goeie nommer. Laat weet ons hoe dit more gaan met die KI. Dink aan jou en bid dat alles goed sal gaan.
Wat my betref, AF het uiteindelik gisteraand opgedaag. Alhoewel ons nou nie laas siklus probeer het nie, het ek nog altyd dop gehou wanneer ek ovuleer en gevolglik moes AF eintlik al Vrydag opgedaag het. In elk geval, ek begin dan môre met Fertomid en Gonal-F en sal dan Maandag vir CD8 scan gaan.
Lagogies, hoe gaan dit daar? As jy gaan keiser moet dit dan seker al baie naby aan jou datum wees? Ek wag in spanning...
Lekker week julle almal!