Hello julle
Dellie - Dianele is PRAGTIG! Ek sal daai gesiggie opvreet
Zarah - So goed om van jou te hoor. Dankie vir die nuus oor Lagogies. Hoe gaan dit met jou? Ek het nogal baie aan jou gedink die afgelope tyd.
Meisiekind - Dankie vir jou bemoedigende woorde. Dit is so waar.
Vandag gaan bietjie beter. Bloeding is minder en sensitiwiteit is weg.
Ek voel nog nie my ouself nie en weet nie wanneer ek weer my ouself gaan wees nie. Ek ken myself nie so nie. Ek is nog altyd 'n baie positiewe mens en glo ABSOLUUT in God se wil vir ons lewe en WEET vir 'n feit HY weet beter en het 'n plan met als. Ek begin net wonder of ek nie te veel forseer nie...Als wat verkeerd gaan...is dit nie 'n teken dat ek nou moet AANVAAR nie? Die ding is ek en manlief het vrede met die feit dat as dit nie in God se wil is vir ons om kinders te he nie, ons dit so sal aanvaar. Ons wil/wou egter doen wat menslik moontik is.....ons wil nie oor 'n paar jaar terugkyk en se...as ons maar nog harder probeer het nie.
Ons het altyd gese dat ons nie ttc ons verhouding of ons menswees sal beinvloed nie....Dankie VADER ons verhouding is nog hunky dorry...kon nie vir 'n beter man/maat en ondersteuning gevra het nie, maar my menswees...
hoeveel pyn, ongemak, moeite en trane moet ek nog deurgaan? Hoeveel bloedtoetse/naalde, sonars en kateters moet ek nog "hanteer".
Aan die ander kant hunker my binneste om 'n bondeltjie liefde vas te hou. Ek wil sien hoe trotse pappa my man is as die kleintjie gebore word en die trane van blydskap in die oumas en oupas se oe sien....dit laat my dink dat ek maar net weer sal probeer, ongeag die trane, moeite, pyn en hartseer.
En ek weet dit is net waar my VADEER kom en my optel en krag en vermoe gee om aan te gaan en aan te hou probeer.
Sorry vir my vent.....ek voel sommer die las ligter raak soos ek tik!
Dankie vir elkeen van julle se gebede, woord van bemoediging ens.
Dit maak die padjie darem maar baie meer "loopbaar". Stywe drukkie vir elkeen van julle.
Lekker naweek vir julle. Ek gaan peetkinders gaan haal vir naweek (Wish me luck)...so ek gaan' n opwindende naweek he