× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

12 years 10 months ago #245384 by Bea
Kayla, ek dink dis tyd vir 'n bloedtoets - ek hou verskriklik styf duim vas vir jou!!

Hopeful, jy hou seker nou jou twee bondeltjies vas - ek vertrou als het goed verloop met die keiser gister - ek dink aan julle nuwe gesin. xxx

Debs, laaste week vir jou - klink of Aiden 'n lekker gewiggie gaan wees volgende week - bly als gaan goed. Min slapies nou!

Yolindi - baie geluk, wens jou 'n gesonde swangerskap toe.

Stella, lekker om weer van jou te hoor. Post bietjie foto's van die babakamer wanneer dit klaar is. Nou kan jy lekker ontspan.

Naomi, geniet jou laaste paar dae van vakansie!

Dellie, sterkte met die naarheid! Maar bly als gaan goed.

Baby, sjoe die tyd vlieg - eerste trimester verby!

Chrizzie, sterkte met die draf. Ek wil nou in die oggende 5h weer begin stap met die honde - dis sulke goeie oefening.

AFM: Ek verjaar vandag - 35 jaar oud! Oh my hat, dit is maar bittersoet - kan nie glo ek het die "mylpaal" van 35 bereik nie - mens dink mos altyd 35 is die "afsny" vir babas. Maar gelukkig troos ek my daaraan dat die FS enigiets onder 38 as jonk beskou, plus daar is baie mense wat babas bo 38 ook kry! Op die einde is als net 'n genade van Bo. Ek hoop ek word hierdie jaar geseën met 'n babatjie - soos almal van ons! Vandag gaan ek nie Paleo Diet nie, maar lekker eet aan Red Velvet Cheese Cake!!

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #245377 by kayla
Baie geluk Yolinde, ek glo als sal uitwerk vir jou.

Debs, bly seun kan bietjie langer in die broeikassie bly.

Hopeful, jy is seker nou al n mamma, baie geluk.

Al die ander, wees gegroet

AFM: Ek het vanoggend n ligte strepie gekry, maar ek weet nie of ek dit vertrou nie, want in dieselfde pieps met n ander toetsie was dit BFN. Ek het n negatief met n cheapie gekry van die china store af en n positief met n midstream van Dischem af. Ek het ook sondag n positief met n Clicks early detection gekry. Maar ek het bietjie gegoogle en gesien dat beide die Clicks een en die Dischem een gee vals positief. Ek is ook te bang vir die bloedtoetse, so ek los dit maar eerder tot volgende week.

Wat dink julle? AF behoort vandag of more te kom.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #245351 by Debs
More julle! Ek kani nou personals doen nie :( maar wil darem net in d besonder vir hopeful se baie sterkte!!!! Hoe voel jy?? En vir die 3 BFP's geluuuuuukkk!!!!!!!! Mag dit n goeie en geseende swangerskap vir elkeen can julle wees! Al d ander met of terug van vakansie, die met pva's en die wat wag op nuus -baie sterkte en halloooo en liefde!!

Afm: Hyt so mooi gegroei! 315g opgetel in 6 daggies!! Hy weeg nou 2.65kg. So ons sien dokter Maandag weer dan as daar nie n probleem is nie stretch ons tot die 20ste toe (original keiserdatum) andersins volgende Donderdag die 16de. DH is disappointed dat hy nie al oormore n pappa kan wees nie maar nou ja dis beter vir Aiden liefie :)

Me: 30
DH: 32

Nov 2012 - Off Yasmin (8.5 years on BC)

Nov 2012 - Feb 2013 Not TTC

Mar 2013 - TTC BFN

April 2013 - TTC BFN

23 May 2013 - BFP!!!!! 4w1d
EDD 29 Jan 2014
C-section date 16 Jan 2014

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #245348 by StellaK
goeie more dames,

Yolindy, dis fantastiese nuus. baie geluk!!
mag jy 'n wonderlike gesonde swangerskap he

Hopeful, sterkte vir vandag. gaan heeldag aan jou dink.
en mag jy daardie 2 dogtertjies vreeslik geniet

Dellie, sterkte met daardie moegheid, dit was vir my die heel ergste.
ek was 8 weke lank so vrek moeg gewees.

hallo en 'n groot druk vir elkeen van julle

ek was gister terug by die werk, en dinge het maar stadig aan die gang gekom.
dinge gaan baie goed by my en met kleine boetjie-baba. ek voel hom al meer en my maag het ook sommer baie gegroei oor desember.
ek het die kamer uitgesorteer oor die vakansie en het ook vir al die junk ander plekkies gekry - nou is daar al plek vir 'n baba in ons huis. moet nou nog die bed skuif en die kot gaan haal, dan sal dit soos 'n baba kamer lyk.
ons gaan more weer dr toe en ek sien baie uit daarna.
het ongelukkig nogsteeds nie kans gehad om deur ons vakansie fotos te kyk nie, so ek sal vir julle kom foto's wys so gou moontlik

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #245347 by Bytjie
More almal. 'n Baie voorspoedige en geseende 2014 vir ieder en elk van julle.

Hopeful, voorspoed met jou keiser vandag. Nog net 'n paar uur dan is daai twee kleine poppies in jou arms.

Debs, jou beurt is mos Donderdag. Sterkte met dit.

Dellie, bly om te hoor als is mooi on track met jou swangerskap.

Baby, sjoe is jy alweer 12 weke, die tyd het omtrent gevlieg.

Bell, ek hou alles gekruis dat dit jou maand is hierdie, maar as dit nie so beskore is nie, hoop ek dat die FS julle sal kan help.

Kayla, ek hoop jy kry Vrydag 'n BFP.

Bea, voorspoed met daai scratch.

Lagogies, as jy jou oe uitvee dan is Maart alweer hier.

Chrizzie, vat julle nou 'n breuk van TTC of is daar al 'n nuwe PVA.

Zettie, hoe werk daai pille vir jou.

Zarah, my Makro maatjie :evil: , hoe gaan dit met jou.

Stella, hoe gaan dit met jou en kleintjie.

Hexy, nog net 'n week en dan huil jy seker jou oe uit oor seuna wat nou moet skool toe ne.

Al die ander wat ek vergeet het, hallo en ek hoop dit gaan goed met julle almal.

Ek is nog met vakansie, begin eers Maandag te werk. Ek sal dan weer lekker opvang met almal en alles.

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #245344 by Dellie
Hopeful - baie sterkte vir vandag - ek glo en vertrou alles sal goed afloop en binnekort hou jy jou poppies vas.
Kan nie wag vir 'n fototjie nie!

Debs - hoe gaan dit nou met jou en hoe is die senuwees vir Donderdag?

Kayla - ek hoop daar is vir jou 'n verrassingtjie.

Bell@ - sterkte met hierdie siklus - bid so hard vir jou maatjie! Maar as dinge nie nou uitwerk nie, glo ek die FS
gaan vir jou beter antwoorde gee en 'n oplossing xx

Yolindy - dis nou regtig wonderlike nuus - baie geluk en mag jy 'n gesonde swangerskap he. Ons is so saam
saam - my due date is sover 28 Augustus - ek is nou 6 weke 5 dae swanger na my eerste KI/IUI gewerk het.

Baby - sjoe al 12 weke! Jy sal seker binnekort al kan sien of dit 'n pienkvoetjie of blouvoetjie is? Hoe voel jy
andersins?

Aan al die ander dames - Halloooo!

AFM - Is baie naar - gisteroggend vir die eerste keer moes hardloop om 'n kat te skiet! Nog nie weer nie maar
net baie naar. Ek eet marie beskuitjies en gemmer koekies dat dit klap - dit help nogal bietjie. En drink baie
water.Borste bietjie gevoelig en voel baie bloated en dan baie moeg - maak nie saak hoeveel ek slaap nie,
ek bly net eenvoudig baie moeg. Maar - dis alles deel van 'n wonderlike en baie spesiale ervaring. Ek sien uit
na die 17e Januarie se besoek aan die FS - dit sal my laaste een by hom wees en dan skuif ek oor na my
gewone gynie - ek sien haar dan weer op 12 weke! Mens se brein werk mos maar bietjie oortyd - ek worry
elke dag of alles okey is! My man se juis vanoggend - hy kan nie wag om volgende
week weer die outjie te sien nie (wonder of hy iets weet wat ek nie weet nie!) Maar alle pappas wil seker maar 'n
seuntjie he. Ons gee eintlik nie om nie - solank dit 'n perfekte en gesonde klein bondeltjie is!

Hoop julle almal het 'n wonderlike daggie

xxx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 10 months ago #245339 by Chrizzie
Baie geluk Yolindy! Hoop jy het 'n voorspoedige en gesonde swangerskap!

Hopeful! Sien so uit om foto'tjie te sien! Sterkte vir môre! :heart:

Jammer Kayla! :cry:

Bea, sterkte met die skratch!

Bell, sterkte met die besluit! As ek jou kan raad gee- ek is spyt dat ons tyd gemors het met KI/IUI...

Hoop dit gaan goed met almal!

AFM: Ek het my laaste wekie van vakansie-tyd het gevlieg! Verder niks nuus nie. Nuwejaarsvoornemens is om nou weer lekker te begin draf!

Lekker week vir almal verder! :heart:

TTC since January 2011
Me -30, PCOS - not ovulating
DH- 30, everything fine
#1 IUI June 2012 BFN
Hysteroscopy and Laparoscopy March 2013
#2 IUI June 2013 BFN
#3 IUI July 2013 BFN
#1 IVF ICSI September 2013 BFN (4 frosties)
#2 IVF FET - December 2013 BFP, early mc
#3 IVF FET - December 2014 BFP! Praying for our miracle!
EDD: 31 August 2015
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account