Hopeful, Laat weet asb as die 2 poppies hier is! Ek bid dat als goed sal gaan!
Debs, hoe voel jy? Hoop dit gaan bietjie beter met jou ma?
Dellie, dis amper tyd vir jou sonar!!
Zarah en Naomi, rus julle lekker?
Stella, groei jou magie mooi?
Bea, baie sterkte vir die siklus!!
Sexyhexy, kuier jy nog lekker by die see?
Lagogies, wat is jou pva vir die jaar?
baby, hoe gaan dit met jou goggatjie?
nella, wat doen jy die siklus?
Bell, hoop jy rus lekker by die huis?
zettie, wat kos die booster en dink jy dit werk?
kayla, hoe het jy jou miskraam verwerk? Bly jou siklus is weer "on track"
Hallo aan almal verder wat ek gemis het!
AFM: Ons het gister van vakansie af teruggekom. My man darem nog tot die 6de af en ek tot die 13de.
Dit was nou nie juis 'n lekker vakansie nie... Ons is maar nog baie hartseer.
Ek dink dit is so erg vir ons, omdat dit die eerste keer is wat ek actually swanger was en omdat ons al begin opgewonde raak het. Die lewe is darem onregverdig. AF het eers die 27ste begin en ek sit nog met baie seer boude van die inspuitings.
Ek weet daar is baie mense wat al baie verder swanger was en babatjies verloor het, maar ek dink die seer en hartseer is maar vir almal erg.
Ons het nog nie besluit wat ons verder gaan doen nie. Ons het darem nog 2 frosties, maar weet nie hoe gou ons dit gaan gebruik nie. Ek oorweeg dit om dalk maar weer op clomid te gaan vir 'n paar maande en tuisprogram te doen?
Baie dankie vir elkeen se ondersteuning!! Ek waardeer dit baie en dit help om met mense te "praat" wat verstaan.
Mag 2014 'n fantastiese geseënde jaar vir elkeen van julle wees!