Hopeful - baie opgewonde vir jou en ek bid dat dit vir jou ‘ n geseende “journey” gaan wees!
Bea – so bly jy voel beter en ons glo alles sal mooi perfek en gesond wees
Strikkie – Ek ken die feeling – my DH verstaan ook net nie hoe ek voel as mense vir ons vra, “o het julle dan nog nie kiddies nie en wanneer begin julle dan nou”. My skoonsuster het Januarie haar dogtertjie gehad – sy was ook sommer binne 2 maande swanger. En dis vrek moeilik as ons by die skoonmense gaan kuier en almal fuif oor die babatjie met die wete dat ons so moet sukkel. En dan is daar nog ‘n vrou by die werk wat oor ‘n maand kraam – maar dis asof dit vir haar so ‘n stryd is en kla die hele dag oor haar swangerskap. As sy maar net weet hoe graag ek in haar skoene wil wees. Maar ja, ons moet moed hou en op ons kniee bly! Want die Here sal ons almal seen met ons eie bondeltjies liefde!
Zettie – kan nie wag vir daai BFP nie! En baie geluk met die nuwe kar.
Naomi – baie jammer oor die teleurstelling – baie hugs vir jou!
Debs – ek dink dis ‘n goeie plan dat DH vir ‘n toets gaan. Dis roetine en dan weet jy ten minste waar julle staan en wat om verder te doen. En as ‘n baba vir hom net so belangrik is soos wat dit vir jou is, sal hy nie mind om dit te doen nie. My man het by Lancet gegaan – hy kon dit darm by die huis doen. Nie dat dit minder onaangenaam is nie maar dit help ‘n bietjie. Sterkte met jou eksamen!
AFM – wel na die dokter’s afspraak verlede week , het ons baie gedink oor die “ovarian drilling”. En het besluit dat ek dit nie nou gaan doen nie. Ek wil nie graag op plekke laat vroetel waar daar nie gevroetel moet word op hierdie stadium nie. Ek het gister begin met Provera om AF aan te bring en dan op dag 5 tot 9 drink ek Clomid. Dokter se dis beter om die clomid in die dag te drink maar ek weet nie so mooi nie – ek het iewers gelees dis beter in die aand want dan slaap ek deur meeste van die simptome. Hoe dink julle?
Dan moet ek een of ander tyd vir 2 scans gaan om te kyk hoe die follies groei. Wanneer alles mooi is, gaan dt ons eerste IUI wees.
Lekker naweek vir julle almal!