Lynkie, ek kry sommer hoendervleis - ek dink daar is niks erger as om te wag vir beta-uitslae nie. Ek dink aan jou!!! En hoop regtig dit is jou laaste chat op hierdie forum
Zarah, sterkte vir jou afspraak 13:00. Jip, soos jy sê - wat ons nie alles vir 'n ou babatjie sal doen nie. Vir my is die ergste daardie vol blaas tydens prosedures - daar is vir my niks meer ongemaklik op aarde nie. Ons treintjie gaan nou mooi begin loop! Ek bid saam met jou dat als kan voortgaan met jou IVF.
Lagogies, van jou sal ek nooit vergeet nie! So bly jy chat saam.
Hoop van die ander join ons ook - waar is Naomi en Bell en die ander? Dit is mos nie net vir ons IVF-dames nie - kom girls, ek mis julle!
AFM: Wag nog vir AF, is vandag CD27, so nog vroeg, maar laas het ek twee dae na die scratch begin (op CD24). Wys jou net, elke maand is dinge anders.
Lekker dag almal