× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 9 months ago #126560 by Galaxy
Ek moes net hierdie deel, dit is eintlik so waar. Ek het lekker gelag, want ons almal trap in daai strik. E-pos wat ek gekry het.

Liewe e - Posvriende,

Dankie aan almal wat opvoedkundige e-posse aan my gestuur het die afgelope jaar..... mens kan nie genoeg gewaarsku word nie.

Ek moet die een wat my daai ding oor die rottemis op die gom van koeverte in stoorkamers gestuur het, bedank aangesien ek nou 'n nat lappie gebruik om koeverte nat te maak. Ek vryf nou ook die bokant van elke koeldrankblikkie deeglik blink voor ek dit oopmaak om dieselfde rede.

Verder eet ek geen sjokelade nie want die kakkerlakke hardloop oor die coca-neute en mis daarop. Margariene gebruik ek nie meer want dit verskil net een molekule van plastiek en selfs as dit vrot word draai die brommers nie om dit nie en dus is ek terug na veilige botter waarmee ons voorouers oorleef het. Verder drink ek nie meer kouewater tydens etes nie want dit laat die vet stol en dit pak aan in my are.

Verder slaap ek nou op 'n klapperhaarmattras, die vere in die ander dien as radio-ontvangs toestelle wat jou bestraal en kanker veraoorsaak terwyl jy slaap.

Ek het nie meer enige spaargeld oor nie want ek het dit vir die siek meisie (Pennie Ferreira) gegee, wat nou al vir die 45e keer op sterwe in die hospitaal lê en slegs sal oorleef met 'n duur operasie in Amerika. Ek het nie meer geld nie maar dit gaan alles verander as ek daai R200 000 kry wat Bill Gates/Microsoft my gaan stuur omdat ek aan hulle e-pos veldtog deelgeneem het..... (Dit was mos op die nuus!!!) of die geld van daardie Nigeriese bankbestuurder wat my laat weet het dat hy skatryk geërf het en daai $7 miljoen met my gaan deel sodra ek aan hom die $1000.00 dollars stuur om die fondse vry te stel.

Verder is ek nie meer bekommerd oor my sieleheil nie want ek het 472 engeltjies wat my oppas. Danksy julle het ek geleer dat my gebede slegs verhoor word as ek 'n e-pos aan sewe van my vriende stuur en binne vyf minute 'n wens, wens.

As gevolg van julle besorgdheid drink ek nie meer Coke nie omdat dit toiletvlekke kan verwyder en ontplof as jy dit met mentos meng en is ek oortuig om eerder daagliks 'n halfbottel droeë rooiwyn vir my gesondheid te drink.

Ek gebruik nie meer kankerwekkende reukweerders nie al ruik ek soos 'n vlakvark in 'n moddergat op 'n warmdag.

Ek gaan ook nie meer vulstasie toe sonder om iemand saam te neem om seker te maak dat 'n reeksmoordenaar nie agter in my agtersitplek in kruip terwyl ek nie kyk nie. Ek gaan ook nie meer alleen winkelsentrums toe nie want ek is bang iemand bedwelm my met 'n spesiale parfuum en beroof my.
Ek antwoord ook nie meer my telefoon nie want ek is bang iemand gaan my vra om 'n nommer te bel wat my sal deurskakel na Jamaika ,
Uganda , Singapoer of Uzbekistan.

Danksy julle gebruik ek ook niemand se toilet behalwe my eie nie want daar kan 'n groot uitheemse spinnekop daar skuil wat my vleis kan laat verrot en my 'n pynlike dood laat sterf as dit my byt.

As jy nie die e-pos aan ten minste 44 mense binne die volgende 70 minute aanstuur nie, kan 'n groot Ha-di-da met diarree moremiddag op jou kop poef en die vlooie van 2 brandsiekbrakke mag jou besmet en veroorsaak dat jy 'n harige boggel op jou rug kry. Ek weet dit kan gebeur want dit het inderwaarheid met 'n vriend van my buurman se vorige skoonma se haarkapper gebeur!

Dus leef ek nou baie gesonder en veiliger as voorheen, danksy julle e-posse.

En terloops...'n Suid-Amerikaanse wetenskaplike het tydens 'n uitvoerige studie bevind dat mense met 'n lae IK altyd hulle e-posse lees met hulle hande op die muis. (Verskoon as jy dit toevallig nou ook gedoen het? Moenie moeite doen om dit nou af te haal nie, dis te laat!!! )

My bigest dream is to have a baby of my own one day.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago - 15 years 9 months ago #126553 by Goggatjies
Tienka - baie harde werk, reg eet, oefen, baie water drink

Anje, elke persoon ervaar borsvoeding anders
Ek het baie goed reg gekom, en na drie dae se seer en ouch ouch, as boeta latch, toe is ek beter

Maar my niggie, het seker 2 maande gesukkel, sy het gegaan vir physio en bestraling, maar het net besluit sy gaan nie opgee nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #126545 by sexy~hexy
Dankie Karin :) Ek is op die stadium nie te bekommerd nie, maar met die sist wat ek gehad vroeer in die jaar weet ek dit wou nie weggaan nie, en het toe op die ou einde gemaak dat ek nie ovuleer. Na die laparoskopie het ek mos dadelik swanger geword. So dit is al waaraan ek so bietjie dink, dat ek daarna sal moet laat kyk anders verhinder dit dalk weer dat ek swanger kan word.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #126540 by Lia
Tx Tienks, maar ek het al meer horror stories gehoor as goeies, miskien moet ek my ore nie so baie uitleen nie.

Tata girls, geniet jul middag, dink nie ek gaan weer in loer nie.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #126529 by KarinM
Ag Hexy, ek hoop werklik dat die sists sommer vanself sal weggaan, soms gebeur dit. Dalk met jou ondersoek is dit weg en alles weer honky dory! Ons kan net bid en hoop. :)

Tata Cornellie! Lekker rus.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #126517 by Cornel
Dames,ek gaan so bietjie le...........sal later weer opvang.;)


Die wat vroeg loop,lekker middag vir julle verder en geniet 'n rustige aandjie! :kiss:

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #126509 by Tienka
Halloooo Anje, moenie worry oor die 'seer' nie, want as baba reg latch en goed drink sal jy nooit pyn he of te vol borste he nie. Go with the flow en kyk wat gebeur :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account