× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #126477 by marie r
Ietise mooi's wat ek met e-mail gekry het:

Daar word vertel dat die duiwel op 'n keer bankrot gespeel het
en dat hy al sy gereedskap sou verkoop aan enigeen wat bereid was
om die regte prys te betaal.

Op die aand van die vendusie was al die gereedskap pragtig uitgestal
en het die hele bose lot daar gelê:
Daar was jaloesie, afguns, haat, onsedelikheid, owerspel, moord, vyandskap, woede,
en al die ander bose stukke gereedskap, elkeen met sy prys.

Maar aan die een kant, apart van die ander gereedskap het 'n stuk gereedskap gelê wat duidelik al baie gebruik was.
Dit het 'n prys gehad wat baie hoër was as al die ander.

Iemand vra toe vir die duiwel watter stuk gereedskap dit dan was. Die antwoord was: Dit is Mismoedigheid.
Nou waarom is dit dan so duur, wou die persoon weet.
Omdat hy vir my baie meer nuttig is as al die ander, het die duiwel gesê.
Met mismoedigheid kan ek iemand se bewussyn oopdwing en binnedring
wanneer ek dit nie kan doen met enige van die ander gereedskapstukke nie.

En as ek eers binne is, kan ek hom gebruik net soos dit my pas.
Die stuk is al so gehawend, want ek gebruik dit op byna elke mens.
Want sien, baie min mense weet dat mismoedigheid eintlik aan my behoort.

Al wat ek kan sê is dat mismoedigheid se prys so hoog is, dat die duiwel dit nog nooit kon verkoop nie..
Hy besit en gebruik dit nog steeds. Op die vooraand van Sy kruisiging sê Jesus vir Sy dissipels in Johannes 16:33:
In die wêreld sal julle verdrukking hê, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld klaar oorwin.

Dikwels word ons so oorweldig deur ons omstandighede, ons skuldgevoelens en ons lyding
dat ons ophou om te glo, dat ons moed verloor.
Dinge kan soms vir ons so moeilik raak, die wêreld kan ons so druk dat ons nie meer wil glo in God nie
Soms is dit so erg dat ons begin om God te blameer vir wat met ons gebeur..
Dan wil ons niks meer met God te doen hê nie..
Jesus het geweet dat daar sulke dae vir ons oppad is.
Hy het geweet dat daar tye sal kom wanneer ons sal verval in mismoedigheid,
wanneer ons met die hande in die hare sal sit en uitroep,
Here waarom? Here, waarheen nou? Here, ek kan nie meer nie.

Dit is waarom Hy vir ons vandag sê, Hou goeie moed! Moenie moed verloor nie.
Moenie toelaat dat die duiwel jou wysmaak dat daar nie 'n einde of 'n uitweg is nie.
Ek is hier en Ek het die wêreld reeds oorwin.

Hy het alreeds die oorwinning vir jou behaal aan die kruis.
Hy het alreeds jou smart, jou lyding, jou swaarkry, jou probleme, jou bekommernisse op Hom geneem en die prys daarvoor betaal.

Daar is hoop vir jou, want Hy lewe!
Roep Hom vandag aan en Hy sal jou laste opneem. Hou net goeie moed!

”Here, help ons om nooit mismoedig te word nie!”

Geniet die res van u dag!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #126476 by Tienka
Ag Karin, ek kou nou nie my polse af omdat hy nie wou borsvoed nie, dis eintlik vir my lekker so met die bottel, veral as ek uitgaan is dit makliker. Maar ja, borsvoeding is die beste vir baba maar dit werk nie altyd so uit nie. Soos jy se, solank hy net gesond is en dit is hy :laugh:

Hexy, vertel gou vir my van die sists, ek het daai ene gemis.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #126471 by sexy~hexy
Karin, ek moet Kby toe vir 'n volledige bekken sonar maar ek kan nie nou nie want die vrou wat saam met my werk gaan volgende week die kamera sluk en dan heel moontlik haar breuk laat regmaak...so ek moet maar eers wag tot wanneer sy terugkom.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #126469 by Strik*kie
Hallo Hexy, welkom terug, hoop jy het lekker geshop ;) al is dit iemand anders se geldjies. he he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #126463 by KarinM
Ek is jammer jy kon nie met Shayne nie Tienka... maar ek weet mens beplan baie dinge en dan werk dit nie altyd uit soos jy wil nie. Gelukkig weet jy jou kind is in elk geval gesond en gelukkig. :) Dis wat belangrik is.

Hexy hoe gaan dit met die sists? Enige nuus?

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #126458 by Beertjie
Dankie Hexy ek weet nou waar dit is..

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #126452 by sexy~hexy
Beertjie..Baby City is daar by die Waterfront Mall...Reggies sit daar oorkant Medi-Clinic erens in die hoofstraat.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account