Dankie Jooste, ja ons is baie opgewonde, sal seker eers Desember die kamer uitsorteer, maar vir nou kan ons alles pienk koop wat ons tot dusver nie kon nie.
Hehe Nykie vir op jou kop staan !! Doen dit miskien werk dit. Sterkte met jou afspr die 2de, hoop dr Hodgewind kan julle help. Lalie is ook by hom.
Hi Nel, dankie vir die dooprok aanbod, jy is die 2de persoon wat vir my aanbied, nou kan ek die mooiste een kies Sterkte met jou swottings, ek sukkel om iets geleer te kry en skryf eerste een more.
Paisley, dis wonderlike nuus, so bly jy is nou gesond !! Bly nou maar weg van ander mense wat siek is. Wow, wat ‘n wonderkuur vir ‘n vasgeknypte senuwee, ek sal dit probeer onthou. Onthou nou jou phodie hoor.
Hi Jodon, jou naweek klink besig.
Aaaah Hexy, dit klink nou soos ‘n lekker bederf !!
Slakkie, jammer man, maar nou kan julle seker voortgaan en FS bel ne. Laat weet ons asb. en baie baie sterkte !!
Beertjie, jy kan weer se, jammer oor die rugby. Toemaar ek was ook so 50 /50 oor die geslag, het in die begin meer geneig na dogtertjie en toe na ‘n droom geneig na ‘n seuntjie, maar op die ou einde baie bly ons het ‘n dogtertjie. Daar is net mooier dogtertjie goed in die winkels.
Hallo aan almal anders.
AFM: Ek het die naweek net geleer en geslaap en geleer en geslaap en tussen in geeet en ek kan nie veel onthou wat ek geleer het nie. Ek skryf more en Vrydag weer. Bietjie op my senuwees. Verder gaan dit goed met my, my man het Saterdag oggend na ontbyt so bietjie op my skoot gele en my pens gevryf – dit was ‘n lekker oomblik. Ons het aan ‘n naam gedink, maar vir die oomblik op sy gestoot. Ek kan nie wag om die volgende twee weke verby te kry nie, het vier eksamens en ‘n oudit, dan bietjie ontspan tyd voor my laaste eksamen die 10de.
PS: Ons blaai gister se rekord deur, kom op makro of iemand se Christmas toy catalogue af en terwyl my man so deur blaai, se hy dat hy is nogal jammer dat hy nie mechano saam sy seuntjie gaan kan bou nie. HA !! Toe blaai ek na hom deur en wragtie daar is toe ‘n pienk mechano stelletjie vir ‘n dogtertjie(‘n sexy pienk girly karretjie), toe lig sy ogies sommer weer op.
Jammer ek post so lank girl, ek gaan probeer om nie die week so baie in te log nie, baie om uit te haal en reg te kry vir oudit en soos dit nou lyk is my baas ook heel week weg – hopelik – dan kan ek makliker gewerk kry. So ek se tata vir nou.