Ag shame Charlaine, jy gaan nie weet wat om met jouself te doen nie, gebruik nou maar die tyd om jou man te bederf. Ja en dankie tog daar is klaar maatjies, nou hoef ek nie te wag vir maatjies nie. Ek dink myne het so 5-6 dae na provera begin, kan nie mooi onthou nie.
Hi M2k, sjoe, miskien moet jy dan weer ‘n draai by die gyne maak.
Karin, ek het nou opgevang en gesien wat die dames se en ons worry oor dieselfde ding, hoop nou nie die dogtertjie verander in ‘n seuntjie nie…..
Hi Nykie, welkom hier, jammer oor die baie seer wat al moes deur gaan (((HUGS))). Dis waar wat jy se, nie almal verstaan altyd nie. Die girls hier is baie oulik en goed met ondersteuning. Baie Sterkte met jou journey en ek hoop regtig jy steek sommer gou hier aan en kry jou BFP !! Ek wens ek het goeie advies vir jou, maar ek dink Slakkie, Klippie en Paisley sal jou beter kan help.
Baie dankie girls, ek groet nou, het nog so bietjie leer werk om te doen vir vandag, moet net gou die ander thread ook update.
Julle moet ‘n lifelike naweek he !!