Hi Morgs, sjoe, jy was lanklaas op, gedink ek sal jou bel die week om te hoor of jy ok is, maar lyk darem so. Waar het jy die man ontmoet?
Stutter71, baie geluk met jul seuntjie en dankie vir die vrek snaakse storie, moes keer om nie hard op te lag nie – my baas sit net hier ander kant. Dis nogal lekker om ‘n man se kant te hoor. Dankie.
Weeskind, my mediese fonds merge nou met ‘n ander een (waarvan ek nog net slegte stories gehoor het), so ons het besluit om te skuif en ons 3 maande algemene wagtydperk op my swangerskap se scans en bloede ens., maar die bevalling is ‘n PMB, so dit moet gedek wees en sou daar iets gebeur wat my of baba in gevaar kan plaas moet hulle ook betaal daarvoor want dit is ook ‘n PMB. Sterkte met die mediese goed jong, party keer kan dit ‘n nagmerrie raak.
AFM: Ek het ‘n rowwe naweek agter die rug, Vrydag by die huis gekom, my filing wat 3 maande agter is, uitgesorteer, middag slapie gevat en toe die hopies gaan file. Saterdagoggend my Unisa goed uitgesorteer en reggesit om te begin leer, klaar gemaak en pad gevat Skouspel toe. Skouspel was fantasties, het dit regtig geniet – het eers Sondag oggend 13h00 se kant by huis gekom, Sondag oggend vroeg op, kerk toe, het daarna sommer Woolies hoender en slaai gekoop, by huis gekom, geeet, middag slapie, bietjie leer en toe voor TV gaan le. Vanoggend lekker gesukkel om uit die bed te kom. Was so bietjie bekommerd oor baba (kan julle glo, ek is al so ver en ek bekommer nogsteeds), want al my krampe, nukke en grille is weg, maar Doppler se die hartklop is nog sterk. My regter boob het gisteraand vreeslik gepyn, so die het seker nou weer lekker gegroei.
Julle girls moet ‘n heerlike dag he !! Ek kan nie wag vir my dr afspraak Vrydag nie !!