× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 1 week ago #115702 by weeskind
Goeie more almal. Hoop julle het amal 'n baie lekker rustige naweek gehad en dat julle sommer reg voel vir die Maandag.

Dankie Stutter vir die vroeg oggend lag :P al was ons nog nie self daardeur nie dink ek ek verstaan nou baie beter :silly:

My naweek was baie besig. Vrydag aand uit saam skoon pa hulle om die "eerste kleinkind" te gaan vier, waar almal baie bly was hulle het 'n designated driver vir die volgende 7 maande lol.
Saterdag en Sondag gewerk, maar dit beteken darm dis nou al woensdag vir my!

Wel op 'n ander noot... kan iemand vir my vertel hoe werk mediese fondse? As mens nog nooooit op 'n mediese fonds was nie, kan ek verstaan jy moet drie maande wag voor jy die fonds kan gebruik (het gebeur toe ek en DH getroud is) Maar nou het DH 'n beter werk gekry so het net geskuif van een MF na 'n ander, en nou wil hulle ook he ons moet wag, en toe DH se ons kannie wag nie, ek is swanger toe se hulle wel in daai geval kan ek dalk 6maande tot 'n jaar toe moet wag??? Is hulle nie veronderstel om dit dan JUIS vinniger te maak nie? Hoe gaan ek vir scans en goed gaan? Ek verstaan nie :(

En om ons te herinner aan die mediese fonds, het ek gister die aakligste tandpyn denkbaar gekry, en panado's werk nie, en ek weet nie wat kan ek gebruik wat WEL sal werk nie.


Okay, geniet die daggie, sal vanaand eers weer kan inloer om te sien wat deur die dag gebeur het. Werk tot 6pm vanaand.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115679 by Stutter71
Ok, vir die wat gewonder het.

Was verlede donderdag 10 jaar getroud.

Het n totaal van 6 jaar lank "gesukkel" nadat ons besluit het ons wil pop speel.

Vrou was nooit op voorbehoed middels nie, so ons kon tegnies n honeymoon baba gekry het.

Seun is gebore in 7de huweliks jaar.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago - 16 years 1 week ago #115677 by Stutter71
Wel, naand dames

Dink nie jy kan n grappie twee keer vertel nie, maar nou ja

Ek het een kind, n seun. En voor julle sleg dink van my, ek is nie Steve nie, maar ek weet nie mooi wat die dokter met die ander 1.5Miljoen sperms gedoen het nie.

Soos enige getroude paartjie (so word ek vertel), probeer en probeer mens maar, maar na n sekere tyd begin mens maar rond vra.

Die eerste is altyd die vrou wat eers die dokter gaan sien, en dan word die pille verander en smarties word in die pil houertjie gesit, en dan die dieet verander.......en dan word die baarmoeder geskraap, en dan weer die pilletjie, en dan daardie astro, en die baarmoeder word weer geskraap (asof die grondpad nie meer lekker ry nie en vol sink plate is na die laaste reen)

En dan kom die stress, en mamma en pappe begin krapperig raak, omdat die man heeltemal onthoof word omdat hy net een keer elke 28 dae vir ontrent 4 ure lank moet verbeel hy is n porn ster. En as die horlosie eers se dit is verby, of hy nog die tanker skip in die hawe stuur of nie, dan is dit verby, en moet hy maar ophou en wag vir die volgende hawe opening oor 28 dae.

En as die "Stud" se porn movie debute nie werk nie, en mamma en pappa vryf mekaar goed verkeerd (en die dokter het al twee Audi A8s gekoop), word daar eers gewonder of die man dalk n (ook) probleempie het. Mamma le vir n week wakker want sy weet nie mooi hoe om vir die "Stud" te vra of hy na n dokter toe sal gaan nie.

As mamma eers uitgeboul word met pappa se gretigheid om te gaan, is daar n wag lys om by die uriloog plek te kry. En dit is nog erger as die 28 dae hawe episode.

Die Uriloog het laas jaar laas n nuwe BMW 7 gery, en is tyd vir n nuwe een. So, hy stel voor daardie klein aartjie om die balletjie, wat bietjie spatterig lyk, genereer te veel hitte en moet uit gehaal word. Sodat ons nie meer gekookte eiers het nie. Dan kyk mens na die stoet bulle in die land bou weekblad, en sien al die stoet bulle wat eerste plekke op die Pretoria skou wen, het groot sakke wat laag hang, sodat die nie te naby die liggaam is en te veel hitte kry nie. So, die uriloog weet seker van die tiepe dinge, want hy het juis twee beesplase en n wild plaas.

Dit is nie n groot operasie nie, maar jy moet nog steeds vir jou baas vertel dat jy vir drie weke nie werk toe mag kom nie, want as daardie aartjie, wat niemand kan sien behalwe die dokter nie, na die operasie eers begin bloei (is blykbaar nie soos PMS nie, dit hou nie op na n paar dae nie). Jou baas wil weet wat die rede is, maar jou aartjies op strategiese plekke is mos hmmmmm, privaat. Is mos nie n karaokie bar nie!!! Daar is n ding soos stage freight.

Dan, na n paar maande, nog steeds geen peanut nie! Maar die uriloog se nuwe BMW 7 het al sy eerste diens agter die knieg. Dan dink jy dat hierdie jocky onderbroeke die jewels te naby die liggaam hou, en nog steeds te veel hitte genereer, so jy gaan koop briefs by Edgars, en verduur die pyn as willie vas geknyp word as jy te vinnig gaan sit met n denim aan, want dit hang mos nou af in die broeks pyp. (Sorry, geens fotos nie).

En dan gaan jy weer uriloog toe, en dan eers vra die man of jy al by Telkom was......Iets te doen met die gemiddelde man wat baie baie miljoen sperms het, en sprerm tellings.

En dan eers, na twee Audis en n BMW, en drie jaar, kom hulle agter maar die probleem is nie net by die vrou nie, maar die man se sperms is soos munisipale werkers oor n Vrydag lunch hour........baie min is by die werk, en die wat daar is, is baie lui.

Toe moet ons gaan vir n EKSI (ICSI in ingels). Dit is nie n IVT nie. Alhoewel daar ooreenkomste is.

Albei gaan die vrou op hormoon behandeling, en dan word die eiers by die vrou ge"oes". Die man natuurlik, kry toestemming om te gaan porn kyk en te speel terselfde tyd. Enigste keer wat die vrou nie teluergesteld is wannoeer sy jou uitvang nie. Maar kan nie te veel geluide maak nie wat die kamertjie is by die ontvangsdame se tafel, so hy moet perform, maar mag dit nie geniet nie. No pressure nie, alhoewel dit voel om almal weet wat jy daar binne doen.

By IVT, word die sperms en die eiers bymekaar gesit, n soort van speed dating........die sperm moet nogsteeds al die werk doen, opgaan na die eier, met n goeie opening line oopmaak, en dan wiggle tot hy binne is.

Die bevrugte eiers (of n paar) word dan weer terug geplaas in die vrou se baarmoeder, met sulke lekker drugs wat haar bietjie dronk maak en nonsens laat praat. Glad nie soos in my studente dae, waar jy eers die gal moet dronk maak nie, en dan score. Nee, hier is dronk die heel laaste ding.

En dan wag jy vir twee weke om of teleurgesteld, gebroke, baie trane julle self op te tel en te maak of niks verkeerd is nie, of met opgewondenheid die peanut se kamer te begin uitverf.

n ICSI aan die ander kant, is daar nog n persoon wat n mercedus bestel. So, nadat die eiers ge "oes" was, en die man verbaas was tot waar Pamela se bob wire tatoo nou eitnlik gaan. Sit die man met n wit jas en dik brille en soek na 'n Ryk Neethling. In my geval was dit nie moeilik nie, daar was net 1.5 miljoen sperms. Sleg as jy dink daar is mans wat 75 miljoen het (wat n mondvol). Dan word die spermpie opgesuig in n tiepe inspuiting, en word dit in die eier ingespuit. Minder moeite as om onder te le. Die terug planting is dieselfde as IVT.

Wel, ons was vir 6 ICSI in twee jaar, wel, 5. Die een was daar geen eiers wat reg was vir bevrugting nie, so ek hoef nie weer porn gekyk het nie.

Ons het al papiere gekry vir aanneming, vrou het opgehou werk om "moontlik" minder stress te kan he om dalk meer genoe te wees dat die terug geplaaste eiers dalk vat aan die baarmoeder wand. Ons het besluit dit is die laaste keer......toe die laaste een gewerk het, en ons uiteindelik n seuntjie gehad het.

Wel, aangesien Morgan met my baklei omdat ek so lank tik, hou ek nou hier op, en sal episode twee later tik.

Sterkte vir al julle vrouens
(PS! Gaan gee vir manlief n drukkie, hy wys die dalk nie, maar jy stap elke treetjie op sy manier saam met jou)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115668 by Morgan
Ja ja vertel hulle nou wats jou weergawe van IVF

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115667 by Stutter71
Replied by Stutter71 on topic Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?
Hmmm, maar toe wou ek jou dalk nog op gechat het...nou is dit public speaking ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115665 by Morgan
haha hello jy..... so vertel hulle wat jy my als vertel het... jys baie funny!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 week ago #115664 by Stutter71
Replied by Stutter71 on topic Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?
Hello

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account