Goeie môre dames
Hoop dit gaan goed met julle almal.
Jammer vir die inbars alweer!

Het net so bietjie raad van julle af nodig want ek het al julle almal se stories al vir jou rukkie gevolg & weet hier is dames wat al vir baie lank sukkel.
My vriendin & ek het dieselfde tyd probeer om swanger te raak. Sy wou so graag hê ons moet saam deur hierdie journey gaan & saam op maternity leave wees maar ongelukkig is dit maar altyd 'n gamble want die Here het sy eie planne vir ons. Ek het swanger geraak & het gedink sy sou voor my geraak het want ek het endometriose & het geweet ek sou sukkel maar ja, hier is ek nou 10weke & sy sukkel nog

Sy was al by haar gynae & als is fine met haar. Ek het toe so ruk terug net voorgestel dat haar man dalk vir 'n SA gaan want hulle gaan nou al vir hulle 6 maande & ja, dis nog vroeg & gewoonlik sê hulle om dit eers 'n jaar te gee maar hoekom tyd mors?????
Hy het toe laasweek gegaan & sy uitslae gekry............sy telling is goed maar die persentasie is sleg. Hy is natuurlik baie ongelukkig & voel natuurlik sleg daaroor & wil met niemand oor dit praat nie, nie eers sy ouers nie & ek kan dit verstaan. My vriendin is net so ongelukkig & huil ook die laaste paar dae. Ek het nou vir haar gesê dat dit gelukkig nie die einde is nie & dat daar baie goed is wat hy kan gebruik om sy kwaliteit te verbeter & dat daai kleintjie sal kom.
Kan julle my bietjie advies gee wat haar man kan gebruik & of jy voorskrifte nodig het vir dit & of haar gynae dit moet voorskryf. Ek het al gehoor van sperm i prove & staminogrow.
Baie dankie vir julle tyd!