Baie dankie Zarah & Snoekie.
Snoekie, ek het ook al oor al daai goedjies gelees wat mans se sperm kan beinvloed. Hy is in IT, so ja jy kan net dink dat die laptop die heeltyd op die skoot is ens. Hy is darem nie oorgewig nie, maar glo hy kan klein bietjie gesonder eet. Hy drink nie elke liewe dag nie maar drink baie as daar 'n geleentheid is

& met hulle, kan hulle partykeer baie kuier saam vriende

Ek sal dit definitief vir hulle dit noem. Ek sal sommer laat sy sperm-i-prove & staminogrow vir hom kry. Gelukkig is daar genoeg sperm, nou moet hulle net die kwaliteit verbeter.
Zarah, ja, ek weet hulle sê endo is een van die grootste redes van infertility by vrouens & baie keer weet die vrouens nie eers hulle het dit nie. Ek het my dogtertjie gehad in 2007 & toe so in die begin van 2010 het ek na my gynae toe gegaan & vir hom gesê ek is seker ek het endos want ek kry ongelooflik seer tydens gemeenskap, erg krampe ens. Hy het natuurlik sy interne scan gedoen & ook vermoed dit kan dit wees. Het toe ingegaan vir 'n lap & d&c. Het toe baie endos op albei eierstokke gehad. Ek wou nie op die pil gegaan het nie & wou ook nog nie swanger geraak het nie want dit help om die endo te stop om te groei. Hy het als verwyder & toe laasjaar junie het ek weer ingegaan vir 'n lap, d&c & hysteroscopy(sorry sp) want ons was nog nie reg om swanger te raak nie. Endos was toe weer erg op net die een eierstok. Het als toe verwyder maar ongelukkig toe hy die hysteroscopy wou doen, wou die scope nie deur my urethra gaan nie - dit was heeltemal toe & net sowel ek het ingegaan vir die lap ens want anders sou ek in elk geval gesukkel het om swanger te raak want die sperm se paadjie was heeltemal toe & hy vermoed dit moes deur 'n infeksie veroorsaak geword het & vermoed dit kon wees agv die loop wat ek so 2 jaar terug ingehad het maar einde 2010 verwyder het....Hy moes toe 'n keiser doen om die pypies oop te maak. Ek was so onsteld toe ek daar wakker word met daai tipe pyn maar dit was nodig. Het toe middel des besluit om swanger te raak & het so 3 maande gevat & hier is ek nou! Ek was so begin maart weer by die gynae gewees want ek weet my endo was terug & het gedink ek gaan sukkel & dat ek dalk weer 'n lap moes doen. Hy het toe mooi gekyk & gesê ek moenie worry nie, als is skoon & gesond & dat ek by die 19de Mrt sal ovuleer & dat hy waarborg my ek sal einde maart swanger wees. Hy het toe vir my inofolic voorgeskryf & gesê ek moet dit dadelik drink & my ander folic acid los & dat ek na gemeenskap op my maag moet lê vir 20 min & weet jy, hy was reg want ek het toe swanger geraak & dank die Here net daarvoor.
Jammer oor die lang post julle!