Okay, so hier is my gross storie: Moes vanoggend gaan vir bloods om LH vlakke te meet. Gaan sommer gou by Ampath in Faerie Glen hospitaal. Wat 'n sif plek! Die vloere is so vuil dis om van naar te word. Dis so deurmekaar en daar is nie genoeg plek vir almal om te sit en wag nie. Hulle sit sommer jou vormpie oop en bloot op die toonbank neer waar almal staan, so enige een kan lees watse bloedtoete jy voor gaan. Daar is 2 piepklein vertrekkies vir die bloedtrek, met geen deure nie, so almal wat sit en wag kan die gedoente aanskou. Die een nurse (ek weet nie of sy 'n nurse is nie, want sy het so scruffy baggy pants en top aangehad met haar panty wat bo-oor die broek uitsteek) sy het so gesukkel met die een vrou, 3 keer gesteek maar niks reggekry nie, toe roep sy die vrou wat voor by die toonbank sit (ook heavy scruffy - regte ou bum) om oor te neem. Die pasient sit daar en bloei, almal kan dit sien, die watte voel bloed lê die hele wêreld vol. Die vrou by die toonbank (het ek al genoem sy is scruffy) dra daai rek-ding wat hulle om jou arm draai voor die naald ingaan, daai ding dra sy om haar nek - so in haar haarlyn. Maar sy is mos scruffy, so daai hare is bitter lank laas gewas. Dan wat sy daai einste rek en sit dit op mense se arms. EEEEEEEEEEEUUUUWWW Gross. Die bokse naalde voorraad staan sommer so op die vloer, nie in die kaste nie. Okay, die post raak lank, ek gaan nou verder teem....