Hallo girls. Hoop dit gaan goed met almal van julle, 90 % van julle ken ek nie en julle ken my ook nie, ek het lank terug hier gechat, maar kom kyk nog so nou en dan wat aangaan.
Ek lees nou weer van al julle meisies se hartseer en sukkel om swanger te raak en toe dink ek net ek gaan nou inlog en julle my storie vertel en dan hoop ek almal van julle gaan bietjie moed skep.
My seuntjie is nou 5 jaar oud, het maklik swanger geraak met hom. Toe hy n jaar oud is toe los ek die pil want toe wou ons probeer vir nr 2, dit was Januarie 2008 gewees. Wel om n lang storie kort te maak, ek het 5 miskrame gehad, almal vroeg in my swangerskap (5 & 6 weke elke keer) Laas jaar het ek 2 gehad, Februarie en Augustus)
Ek en my man het op n stadium gekom dat ons net besluit het ons is moeg probeer en vir al die hartseer elke keer en vrede gemaak met die feit dat ons net een kind sal he, en ook oor my ouderdom (is nou 36) het ons besluit dit is nou klaar. Ek het al my baba goed verkoop en weg gegee. Was vir n rukkie weer op die pil gewees, maar dit het my siek gemaak.
Januarie hierdie jaar het ek beplan om die Merina in te sit, en toe gebeur dit weer, ek is swanger. Ons was glad nie bly daaroor gewees nie, want ons het maar weer die ergste verwag, maar die peanut stick nog steeds en ek is more 12 weke swanger.
So girls, ek weet hoe julle voel en julle dink dalk ek praat nou maklik, maar wat ek eintlik vir julle wil se is, moenie moed opgee nie, maar moet ook nie dat TTC julle lewe oorneem nie. Ontspan en dit sal gebeur, julle is almal nog jong en daar is nog baie tyd.
So baie sterkte vir julle almal en ek hoopm julle kry sommer vinnig julle BFP's xxx