More Dames,
Wel my kaartjie is gebook. Ek klim vrydag oggend op die bus terug kaap toe. Ja die bus, want die goedkoopste kaartjie wat ek kon kry op vliegtuig is R2000, en ek het nie daai tipe cash nie. Bus kaartjie is R400.
So ek gaan nou kaap toe om alles aan daai kant uit te gaan sort. Ons het mos nou drie maande huur kontrak gekry hier in pretoria, gebeubuleerde woonstel.
Is noggal excited om weer my eie spasie te he!
Geniet dit vreeslik om saam met my skoonsussie-hulle te kuier. maar dit is ook net so lank voor jy die drumpel deur trap.
Ek sal volgende week ook weer terug moet kom aangesien dit dan BD tyd is!
Cisca,
Ek is sooo bly jy en Babatjie is oraait.
En ek stem ook noggal vir daai boepie foto'tjies
Zettie,
Ek hoop regtig jou telling klim na more en dat jy goeie nuus kry!!
Hexy,
My Skottelgoedwasser is een van my grootste blessings! Sal nie so lekker kan klaar kom sonder hom nie!
Hopeful,
My skat, Daai vroutjie gaan met elke meeting net meer van julle hou en julle gaan elke keer net dieper in haar hart kruip. Sy sal nie anders kan om te sien hoe lief jy en DH mekaar het nie. Maar ek bid dat God julle sal lei om rustig te wees en haar vrae met duidelikheid en oortuiging kan beantwoord.
Blommie,
Sterkte vir die laaste paar dae sonder DH, hy is amper terug...
Lynkie,
Sterkte vir die nuwe Siklus, Ek glo en vertrou dat dit goed sal gaan. Ek het nog nie veel gehoor van die hele acupunture ding nie, dit klink vir my baie interesant.
Wel wk hoop almal het 'n stunning dag verder!