Hi Julle
Hoop dit gaan goed met almal. Jammer ek is so still, ek roof lees wel
Ek het gesien julle praat van positief wees, en soek bietjie goeie nuus. Wil graag vir julle iets positief vertel:
Ek was laasweek Maandag oggend in 'n motor-ongeluk. Het by 'n verkeerslig gestaan en wag, en toe die regsdraai pyltjies aankom, het ek begin vorentoe ry en regs wil draai, toe kom daar 'n massiewe groot idioot van my regterkant af oor sy rooi lig gejaag, seker teen 70KM 'n uur, en ry in my vas!!! Natuurlik sie skrik van my lewe gekry, en kon nie ophou huil nie. Dit het my man to amper 'n half uur geneem om deur die verkeer te kom van sy kantoor af (dit was net na 7 in die oggend). So toe is ek met 'n ambulans hospitaal toe om seker te maak als is reg met babatjie.
Dokter en gynie het my ondersoek, en sonar gedoen, en als is gelukkig OK.
My kar het wel R50 000 se skade, hulle moet nou altwee deure vervang, Maar ek ek babatjie is gesond en heel en sy skop my binneste lekker!!!!
So dis my stukkie goeie nuus!!! Die Here is goed!!!