more girls!!
sjoe maar dis maar kouerig hier in ons warm valley vandag. Ek hou niks van koud kry nie,kan die hitte verdra,want jy sit die aircon aan,maar hierdie koue is aaklig.
Met De Nys gaan dit baie goed,regtig soet ek kan nie kla nie,behalwe dat my een nipple vreeslik seer is,so bietjie stukkend,die man suig omtrent vir jou.
Anje ek het ook getoets met 'n maybe baby van clicks en hy was heeltemal akuraat. Hoop die tyd vlieg verby tot maandag vir jou.
Charlaine sterkte met jou verkoue,ai dis niks lekker om so goor te voel nie.
Morgs en nelria,stuur baie groete vir Tienka,kan nie wag om daai ou babatjie te sien nie.
Ek en vriendin gaan probeer koffietjie drink vandag,gaan kids probeer oortuig om by huis te bly vir klein rukkie.
Vir die eerste keer die week is ons rustig by die huis,ek en kleintjies gaan nou cupcakes maak(en hulle moet barbie cupcakes wees) hoe lyk dit????
Cornel min dae voor jul SA toe kom,jy is seker erg opgewonde!!
Hexy,sterkte met die ms,drink maar vomifene pilletjie as dit baie erg raak.
Lekker daggie vir julle