× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #76446 by Lia
Lekker stil hier.

Charlaine, sterkte met daai verkoue van jou. Probeer bietjie Sinex neus sproei, dit help baie met die slym en blok neus.

Ai Ansa, moet nou nie te veel bekommer nie, hopenlik na hierdie rondte is jy swanger en dan hoef nie weer te bekommer oor jou siklus vir laaaaaaang tyd nie.

Ek het ook gese ek wil 'n tweeling he, tot ek gesien het watse harde werk dit regtig is en dis moeilik om 100 % aandag vir albei te gee.

Hexy dankie dat jy laat weet het, geniet jou dag af !!

Ek is so bly die week is amper om. Is lekker moeg en kry koud, wil net in die bed gaan klim.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76437 by Cornel
Sjoe maar julle gesels darem min deesdae!?

Ek het wragtig net 1 bl gehad om op te vang!

EK gaan nou eers nou bietjie le......ek sal later weer opvang.......

Ek gaan ook sommer klaar groet,net vir ingeval ek dalkies aan die slaap raak!!!!! Ons TV staan voor ons bed,so ek klim sommer nou onder die komberse in.....

Lekker aand vir julle almal!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76431 by VB2010
ek hoor wat jy sê oor dat jy bekommerd is oor die net weg bly, dit is nogal snaaks, oorweeg jy dalk om vir 'n tweede opienie te gaan?

ek het dieselfde gesê hoop dis sommer 'n tweeling, dan is ek klaar lol

File Attachment:

File Attachment:

TTC 1ste LO vanaf 2006
1ste Rondte Fertomed 10 Mei (50mg)
2de Rondte Fertomed 11 Junie (100mg)
3de Rondte Fertomed 13 Julie (100mg)
Bloed Toetse 13 Mei
HSG Toets 14 Mei
Taking a break....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76409 by Ansa_S
Ja VB dit was nog altyd mooi, maar nou met die dat dit nou vir die 2de keer net wegbly maak my nogals bekommerd!

Hoop die fertomid werk die maand en dat dit sommer meer as 1 baba is!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76407 by ChaNa
Hi Dassie

Ag shame ek like dit as julle girls sulke simptome kry want dan bewys dit vir my julle babatjies werk mooi met julle lol.

Sterkte ansa hoop AF kom vinnig. Ekt nou 'n lekker kopseer aan my en is dood moeg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76404 by VB2010
ta ta Dassie gooi jou voete op en rus lekker! *hugs*

Ansa jou siklus is mooi

File Attachment:

File Attachment:

TTC 1ste LO vanaf 2006
1ste Rondte Fertomed 10 Mei (50mg)
2de Rondte Fertomed 11 Junie (100mg)
3de Rondte Fertomed 13 Julie (100mg)
Bloed Toetse 13 Mei
HSG Toets 14 Mei
Taking a break....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #76397 by Dassie
Hoop jou AF kom gou dat jy met die Fertomid kan begin Ansa!

Ja ek weet almal sê jy moet nie dit en dat eet nie. Maar as mens lees oor pawpaw op baie artikels op Google klink dit nogal scary.

Die hormone tref my swaar die week. Die afgelope 2 dae begin ek sommer huil oor niks. Gister sommer my ma in trane gehad oor die foon lol, sy is nie gewoond aan my wat huil nie. Nou ja, ek gaan bietjie vroeër vandag huis toe gaan want ek is net te moeg, en het net nou amper in trane uitgebars oor my man so mooi vra of ek baie moeg is.

So ja girls, geniet julle dag verder.

xx

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account