Naand Dames,
Ek is so lank terug op gewees om te post, maar ek lees elke aand voor ek aan die slaap raak.
Hexy, Jooste, Klippie,
Ek is bitter jammer dat dinge nou so moeilik gaan. Daar is net nie woorde nie.

Ek het gedink op 'n tyd dat ek dalk tog geOV het die maand, maar my temps is sooo irratic, en Fertility friend tel ook niksop nie, so nou het ek maar moed op gegee vir die maand. Ek het nie eers lus om te hoop nie, want ek het klaar twee keer die week by die kersmark in die stoor gaan sit en grens

.
Kan ook sommer voel die ou feeks is op pad. So nou gaan ons maar 150mg Fertomid probeer en kyk hoe dit gaan. Ek dink ook daaraan om FS te bel en afspraak te probeer kry, want ek kan ook nie die heeltyd net aanhou om die meds te vermeerder en niks gebeur nie.
Verder gaan dnge maar dieselfde aan die kant. More pak ons die markte op. is sooo dankbaar dit is verby, want dit het net wraggies te lank geraak.
Ek is baie jammer dat ek nie regtig nou personals doen nie, maar ek gaan nou inkruip. Moet netnou weer op wees.
Lekker naweek vir almal,