Hi julle
Ja nee, Dankie tog dis Vrydag!!! Hierdie week was vrek lank. Kan nie meer nie.
Ek is sooooo moeg, kannie my ogies oop hou nie. Wens dit wil nou 13:00 word, dan gaan ek gou by my ma inloer in die hospitaal en dan gou dingetjies optel by die huis, dan val ons in die pad Hermanus toe vir die naweek.
Ek het sommer dinsdag weer bloods gedoen, net omdat ek so flippen paranoies is en net wou check of ek nog swanger is

en my telling was 6625. So hoop rerig dat ons maandag by die gynie iets goed kan sien.
Hoe gaan dit verder met almal vandag.????
Zettie, ten minste weet jy nou jou buise is mooi oop en mens kan aanneem baba sit op die regte plek. Wees nou net rustig...... 9 Des is nie meer so ver nie.
Strikkie - sterkte met maand-einde!!
Ruby - So bly vir jou dat jy nou OV, geniet die BD maraton
Snoekie - Baie oulik daai versie!!
Hexy - KFC se wings krap ook altyd my maag om, maar ai, dis soooo lekker! Elke keer se ek vir DH "nooit weer die wings nie!", maar dan kry ons dit maar weer. Ons deel nou maar 'n pakkie van 4 sodat elkeen net 2 het , net om die lekkerte te proe. Verder hou ek maar by 'n twister!
Sjoe nou kan ek nie verder onthou nie.
Hi almal verder