More almal
Ai ou Lynkie, jy het 'n kans gevat....maar ten minste het jy 'n PVA op die agtergrond - om die FS te gaan sien.....so hoop AF daag gou op!!
NYKIE....

Baie baie geluk!!! Het julle IUI of IVF gedoen? Hier is 'n vroutjie op die forum - chris_ds - wat verlede jaar IVF gedoen het en ook 'n drieling gehad het

Een seuntjie en twee dogtertjies, en hulle is al pragtig groot....so hou ons op hoogte!!!
Jooste...jy moet nou die naweek lekker rustig wees en jouself voorbereid vir Maandag....goeie verskoning dat DH als doen

Sterkte en kom post asb sodra jy kan!!! Ek het nou gelees van M se mc....dit is regtig hartseer......
Zettie....wag in spanning vir jou telling

Cisca, jou telling vorder mooi...wanneer is eerste scan??
Ruby, Linda, Ansa en al die ander....hoekom so stil???
AFM...darem sover geBD op cd13 en 14.....sal maar sien wat gebeur die naweek.
Jayden het vandag klaspartytjie en hy het so uitgesien daarna

More Spur toe saam my ma-hulle en as dit nie reen nie (word voorspel) braai ons more-aand......
Ok lekker daggie verder!!