Ag klippie -ek is so jammer

my hart breek vir jou.
Hi almal.. dit gaan dol.. ek was half 7 vanoggend al op site besig om in die reen rond te hardloop.
Ek was by Dr Strikdas saterdag oggend.. met die dubbel dosis fertomid wat ek gehad het het daar een follie verdubbel in grootte!!!! hy is 13mm!!
So ek het vir die eerste keer in my lewe myself ingespuit met Menapur.. dit was so moeilik.. ek moes saterdag en sondag spuit. Dok gaan more oggend kyk of die een oukie daai laaste paar mm gegroei het. So ek bid hard daarvoor.. ek moet se die feit dat hy al reeds gegroei het was vir my 'n awesome genade.
Het gisteraand 'n kers sang diens bygewoon.. DH speel bagpipes so hy het opgetree by 'n kerk in ons omgewing.. dit was so wow! ek het sommer nuwe moed hoor.
Saterdag middag toe sit ek die TV bietjie op TBN-die Christelike TV kanaal.. en ek het net bietjie geluister.. toe moes ek myself inspuit.. dit het baie moed gevat vir my jong. Toe ek klaar gespuit het en ek kyk op toe sit hulle die vers Jesaja 54:1 op die TV waar daar staan.. onvrugbare vrou - jy sal kinders he (dis nou in kort).
My hart het sommer vinnig begin klop... die pastoor/predikant se toe.. hoe meer ons gaan loof, glo, en aanbid hoe nader gaan ons kom aan dit wat ons so graag wil he. Ek is seker ons almal weet dit maar op daai stadium het dit vir my so baie beteken. Dit het gevoel of ek regtig nie alleen is nie
Ek is jammer ek doen nie nou personals nie... wou net gou met julle deel. Lekker daggie almal