× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 11 months ago #214897 by Lynkie
Hi Hexy,

Baie geluk met jou klein mannetjie se B-day. Nou kan jy sy ticker aanskuif na 6 toe!!! Hulle word darem gou groot!!!

Klink vir my of die fertomid sy werk behoorlik doen hierdie maand!!!! Dalk is daar meer as 1 eiertjie!!! Sterkte met die lang 2WW. Ek glo jou somers babatjie is oppad. :)

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #214895 by sexy~hexy
More almal!!!

Hoe gaan dit vanmore?

Hoe was julle naweek gewees?

Wel...ons s'n was een lang partytjie :D Jayden het Vrydag klaspartytjie gehad, is omtrent bederf met speelgoed deur die maatjies :) Saterdagoggend is ons toe Spur toe (het behoort aan die Spur klub) en het hulle daar vir hom gesing en het ons lekker ge-eet! Saterdagaand gebraai, ook weer as 'n familie saam. Sondag was ons eintlik rustig - sy EINTLIKE bday LOL - en gister namiddag het ons sy Transformers koek gaan sny en eet by my ma.....ek sal later in die week kom fotos post :)

Eerstens - KLIPPIE??????? Het jy al getoets????

Jooste.....sterkte met vandag se IUI....jou BFP is so naby .....!!!!!

Lynkie....ten minste het AF opgedaag :) Mens dink jy ken jou liggaam, en dan net skielik word jy omver gegooi.....laat weet ons wat se die dr!!!

Feetjie...ek het nie woorde nie. Al wat ek weet is dat "GOD WORKS IN MYSTERIOUS WAYS"....ons kan maak wat ons wil, as dit nie God se tyd is nie, sal niks gebeur nie...ek hoop dat jy met tyd berusting sal vind....

Liz...sjoe 150mg....kan dr se hoekom jy nie reageer op die Fertomid?

Zettie....het jou telling toe meer geword???

Wat is nuus by al die ander dames??

AFM: Ok...so BD was toe net op cd13 en 14....is vandag op cd18. Ek het hier van Saterdag af so 'n bloated gevoel en my eierstokke is seer - voel of al wil uitval :dry: Het nou nog seer, wonder of dit nie dalk bietjie infeksie is nie....DH se stiefpa maak heel moontlik die week klaar met sy werk, so volgende maand se BD gaan baaaaaaie beter wees :rock:

Ok...lekker daggie verder vir almal....en stuur ASSEBLIEF reen hier na ons valley toe!!!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #214893 by Lynkie
Môre almal

Klippie, FXFXFX

Jooste, baie sterkte vir vandag!!!

Fettjie, jammer dat jy die afspraak gemis het, hoop jy kry rustigheid en sommer gou jou BFP.

Liz, ek hoop die 150mg werk. Ek het al gehoor Vitamiene B6 kan help op 'n LP fase langer te maak, dalk kan jy dit probeer.

AFM: AF het toe eers vanoggend opgedaag, dit maak my siklus 31 dae wat vreemd is, ek het gewoonlik 'n korter siklus :huh: Sal maar so by 8 uur FS bel en hoor van PVA.

Lekker dag!!

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 11 months ago #214891 by Morgan
KLIPPIE ?????????????????????????????????????????????

Feetjie sjoe wat n storie. Hoop jy word gou gou verras met n BFP.

Liz ag nee, hoop die 150mg fertomid maak nou jou eierstokke goed wakker en gee jou klomp mooi groot follies. FXFX

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 16 hours ago #214860 by Snoekie
Goeie Dag Dames,
Sjoe maar ek mis baie.

Klippie,
Sterkte met jou toets more. Bid saam met julle vir BFP.

Jooste,
Sterkte vir more vir julle ook. Mag die IUI kou wag tot 'n einde bring.

Zettie,
Weetnie of jy al getoets het vanda nie, Maar ek hoop en bid dat jou telling mooi geklim het!

Feetjie,
Ai, ek was ook vasgevang in daai ongeluk se verkeer!
Sterkte vir jou, Dit is soos jy se dit is baie makliker om te se jy gaan vir 'n jaar 'n breek vat as wat dit is om dit daadwerklik te doen. En wie weet, miskien wag jou BFP ten om die draai van die begin van hierdie breek. Sal julle steeds in my gebede dra, ek ek stem saam met jou. God het 'n plan, en ons kan maak net wat ons wil, dinge sal maar net gebeur wanneer Hy wil he.
Sterkte, weet dit is nie maklik nie.

AFM,
Ek was toe Vrydag oggend in Gynie toe vir sonar om te soek vir Follies, En toe...
Weer net mooi niks :cry: Ek is regtig so moeg. Ek wil net breek vat. Gynie se toe hy dink nie ons moet nie die maand al stop nie, hy dink ons moet nog volgende maand probeer met die Fertomid en dan vat ons breek daarna, So volgende maand is dit ek en 150mg Fertomid. :headbang: . Ek vra hom toe oor my BBT charting. want die eerste maand op 50mg fertomid het ek een follicle gevorm. OV het volgens BBT, gynie se scan en OPK plaas gevind op CD18, en leutal phase was 9 dae voor volgende siklus begin het. Die Volgende siklus het sy scan mos gewys daar is geen follicles nie. dit was op CD13. My BBT en OPK het gewys dat ek op CD26 geOV het, weer met Leutal phase van 9 dae. My Gynie se dit is nie moontlik dat mens op CD26 OV nie. Nou is ek baie deurmekaar en moedeloos.
Ek wou ook by hom luister oor my lae leutal phase. Want dit is veronderstel om tussen 12 en 16 dae te wees vandat mens OV tot jou volgende siklus begin. Het enige iemand anders al die situasie tee gekom, hat julle dalk verduideliking vir dit. Of advies? Ek is regtig Down op die Oomblik. Wou sooo he dit moet die maand werk.

Hoop julle het almal 'n wonderlikke naweek gehad en 'n great week wat voorle.

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 days ago #214833 by joo~ste
Ai feetjie!
Dit is darem 'n storie?!
So jammer dat julle die afspraak gemis het en nou sommer alles op hold gaan sit vir 'n jaar. Maar...ek stem ook heelhartig saam met jou dat God 'n plan het met alles en dat ek al ook hoeveel keer gehoor het van paartjies wat swanger word nadat hulle vir jare IVF en derglike ander dinge gedoen het sonder sukses. Ek kan nie dink waarom julle nie ook so 'n paartjie kan wees nie! Ek hoop jy kom verras ons spoedig met julle verassing BFP!!

Sterkte daar -
Jy weet natuurlik dat jy nog altyd kan saamgesels...al TTC jy nie regtig meer nie....dit maak mos nie saak nie.-

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 days ago #214832 by Feetjie
Goeie naand dames

Sjoe, ekt hele paar blaaie gehad om optevang, so skuus as ek nou bietjie vergeet. maar wil net se Klippie, baie baie sterkte vir die toets!! en Jooste, vriendin, vir jul iui!! ek hou styf duim vas hoor!!

Nykie, sjoe fantasties.
Cicska, baie geluk wow en zettie!!
Al die ander girls hexy, strikkie, linda, hopeful en al die ander ek dink aan jul. baie sterkte.

Ekt nou half 'n negatiewe demper hier op al die positiewe nuus:
Ek eh dh het mos nou eindelik besluit om ivf die maand by dr stirkdas te doen.
Ek sou hom laas donderdag sien vir ons 1ste ondersoek, dit was nie dag 1 nie, maar ons het donderdag gevlieg op bootcruise en eers maandag terug gevlieg, so hy stel toe voor dat ek hom eerder die donder kom sien, dan kan ons sonar doen en meds vir ivf kry en als. Goed nodig loos om te se - als gereel, my verlof vir vlg 2 weke, ons bly ook mos maar ver van beskawing en en en.
Goed Donderdag oggend jaag ons soos gewoonlik soos besetens dr toe, gepak en als want ons vlieg mos nou net daarna. Toe ons so 3ookm van dr af is, se ek nogal vir vriendin, kan nie glo hoe op tyd ons is nie, want ons jaag altyd!! woorde was skaars koud, toe staan ons vir amper 45min doodstil op n1. GROOOOOOOT ongeluk, ons draai toe maar om, en na nog uur later is ons eers op alternatiewe roete daarverby, waar die verkeer nog net so gestaan het. ekt toe ons op n1 wag al dr gebel en gese ons staan, maar nog baie tyd, wil net se ek hoop nie ons gaan laat wees nie. Wel lang storie kort te maak, ons mis toe sommer amper ons vlug, praat nie eens van dr nie. Ek vra toe mooi, kan ek hul nie maar dan die maandag oppad huis toe sien nie. Hul se net nee ek kan nie, ons land te laat. ons sou half 4 daar gewees het. nou goed. ons kom toe maar huis toe. ook nie nodig om te se my hele trip was fiasko nie, want ekt so mooi als beplan en uitgewerk en nou net als deurmekaar. Dinsdag bel my man weer vir dr Strik en vra asb wat ons kan doen, want dag 1 is nog nie hier nie en ek glo dit sal vlg dag wees. nou goed ek weet hy wil graag dag 2 sonar doen, maar net vir cists ens, nou my dr hier by ons net so oulik, ek vra toe kan hy nie asb net die sonar doen nie, ek sal al die meds dan nou maar hier bestel en dan sien ons hom soos bespreek: Hy se toe net NEE onder geen omstandighede, in ander paartjies se geval sou hy dit nog toelaat maar in ons geval glad nie.
Nou goed,, toe ek nou heeltemal op moed verloor se vlakte is het ons met my gp sommer hier gaan gesels. hy se toe: hy stel voor, omdat daar geen mediese verklaring vir infertiliteit is nie, stel hy weer ons los als net vir so jaar of 2. hy se hy het nou 3 gevalle gehad, waar dr's vir almal gese het hul sal nooit kan swanger raak nie, hul was deur ivf en als en al 3 paartjies verwag nou.

So eintlik al wat ek wil se met hierdie hele relaas, mmmm ja ek verstaan nie hoe werk die Here nie. Maar ek het duidelik gesien, dat jy HOM nie moet voorskryf nie, al beteken dit hy sit 'n "letterlik" trok in jou pad. Hy het sy plan. Dit is regtig nie maklik nie. ek s nog baie ontsteld, emosioneel en sommer net ongelukkig oor dit als. maar miskien is daar doel daarmee. dat ek en my man net so bietjie moet ontspan, ens.
maar wil net se, ek baie teleurgesteld in dr strikdas, skuus jul ek weet hier is baie nou weer by dr strikdas, maar ai dit was nou so onnodig. maar wil ook maar net duidelik se ek dink hy is fantastiese dr!!!!!!!!!!!!!!! en almal bly se hy van die beste in die land. ek dink my paadjie het nou maar net tot einde gekom.
Ek gaan my bes probeer om vir so jaar net niks te warry nie, maar indien ek weer fs toe wil gaan sal ek verseker dr de Bruin oorweeg, ek dink dis ook Nykie se fs en hoor net uitstekende dinge van hom ook!.

Dames so ek gaan maar so bietjie missing in action wees, sal so nou en dan nog koekeloer, dis maklik om vir almal te se jy los als vir jaar, maar vreeslik moeilik om rerig dit te doen ne!! ;-)

Weet net ek dink so baie aan elkeen van jul en glo Liewe Jesus se paadjie sal duidelik wees in elkeen van ons se lewens, moet net nooit ophou glo of moed verloor nie. Sterkte Grils

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account