Hi julle
Ankia - Tog te oulik die foto's. Lyk al klaar mens, wys jou wat 'n bietjie ekstra tyd binne beteken op so 'n klein mensie. Wat 'n wonderwerk.
Klippie - Wag nogsteeds vir AF. Was gisteraand so depressed, het 'n lekker huil sessie ingepak. Ek haat dit dat daar so baie vrouens is wat deur dit moet gaan wat ons deur gaan. Ek kan nie die doel daarvan verstaan nie. Hoekom hoekom hoekom????????
Klippie - Ek het vanoggend ge- POAS en dis BFN!!! So ek is sommer nog meer depressed. Het gehoop dat die OV verkeerd was / te vroeg geneem was, maar nou wag ons maar vir AF. Die hel alleen weet wanneer sy haar lelike kop gaan uitsteek.
Het gister by 'n Spar winkel besoek gedoen, en terwyl ek so na ons produkte op die rakke kyk, kom daar 'n paartjie met 'n babatjie in 'n pram verby. Terwyl hulle by die till gestaan en wag het, het sy gesien ek kyk na haar oulike blou-oog wonderwerk. En toe kom sy reguit na my toe en se: " jy kan maar van nader kyk en aan sy handjie vat". Die totale passie en liefde wat uit haar uitgestraal het was so mooi. Die kleinding is nou maar 3maande en het sommer vir my ge-smile en gelag toe ek aan sy handjie gevat het. Die paartjie was nog baie jonk, ek skat haar so 19, en ook nie gelyk of hulle dit baie breed het nie. Maar sy was so trots en lief vir haar wonderwerk. Dis seker wat gemaak het dat ek gisteraand weer 'n trane-dal gehad het.
Hoekom moet ons so sukkel?????? Ek gun daai paartjie hulle pragtige wonderwerk. Maar dit maak so seer.