More almal!
Ek wil so graag die rugby ook kyk. Ek dink ek sal gou probeer om my dinge so te reel...sodat ek 'n bietjie kan wegglip! Ek hoop hulle gee hulle weer 'n lekker loesing...en ver VER!!
Hexy:
Ag nee, Hexy! Ek het nou net opgewonde geraak toe jy praat van 'n swanger-gevoel! Jammer, vriendin!

Ek is net so erg desperaat! Ek droom al die laaste week elke aand van babas. Dan moet ek een vir iemand oppas in my droom, of dan maak ek my voordeur oop en daar le 'n babatjie in 'n wiegie vir my en wag! Kan jy dit glo!! Dit was gisteraand se droom. 'n Ou klein babatjie wat ek optel voor my deur en nie weet wie sin dit is nie. Ek steek dan die babatjie weg...want ek is bang iemand kom vat dit weer terug. Het dit nie eers vir DH genoem nie, want hy sal dink ek word koekoes.
Lynkie/Ruby:
Ja...maak soos Morgan se - teken in op FF...en begin sommer vandag al temp. Jy kan sommer click op die pienk link wat ek in my signature het..en dan kom jy by my chart uit..maar as jy bo (regs) register ...dan kan jy jou eie charts begin. Sit sommer dan vir julle links by julle signatures en dan kan ons almal koekeloer!