Hallo dames,
Ek's nog steeds van lyn af

en ek sukkel om te post.
Lalie12, MMCC so jammer om te hoor van die BFN

dit bly maar altyd 'n groot teleurstelling, moet net nie moed opgee nie. Vat julle tyd om die teleurstelling te verwerk en pak dan weer die bul by die horings.
Part of the message is hidden for the guests. Please log in or register to see it.
Jooste, die boepie kom mooi aan.... stadig maar hy's daar!!!! My man se spermpies wat nog altyd baie goed. Die vorige IVF het hulle self die eiertjies bevrug... sal maar sien wat hierdie keer gebeur.
Blommie lekker rus.
Snoekie, sjoe nog net 11 weke.... geniet die laaste paar weke van swanger wees

Binnekort hou jy daardie bondetljie liefde in jou arms
Hi Hopeful, Zarah hoop dit gaan goed met julle.
AFM: Ek's net baie besig by die werk om alles op datum te kry sodat ek 'n rustige week kan hê na ER en ET. My follies groei baie vinnig en dit lyk of ons dalk 3 kan kry. ER vind Donderdagoggend plaas. FS het gister weer bloed getrek en hormone getoets en alles lyk sover in orde. Hierdie IVF het so vinnig gebeur dat alles vir my nog so onwerklik voel...
Sal later weer probeer post. Lekker dag verder!