Dagse Dames.
Jooste,
Jippee ek het uit eindelik 'n verrassing maaitjie. Het al begin dink ek is die enigste een wat wil he die geslag moet verrassing wees! Sterk staan en hou uit, Die nuuskierigheid het my al paar keer amper onder gekry, maar ek glo steeds dit is die regte keuse gewees vir ons!

Moet nie te veel bekommer oor die gewig nie, ek het tot en met 20 weke net gewig verloor, sal met my volgende scan sien hoe my gewig dan lyk. Solank baba goed groei is alles reg! Ek het ook nie veel van 'n eetlus gehad aan die begin nie, maar dit kom ook terug.
Nadsmeiring,
Baie dankie vir daai wonderlike storie wat jy met ons kom deel het! God is werklik groot en Almagtig! Ander mense se sukses stories gee mens sommer nuwe krag om aan te gaan, wanneer dinge soms net te veel raak!
AFM,
Nie veel nuus nie, ek probeer maar om die tonne werk in te haal wat hier le agv. my twee weke vakansie.
Ek het gister met my man en my swaer gepraat oor wat hulle gaan maak wanneer ek kraam. Ek sal ten minste die eerste ruk nie kan werk nie, sal later weer van die huis af werk, maar hulle sal plan moet maak vir daai eerste twee of drie maande. Eintlik sal ek BAIE graag voltydse mamma wil wees! Sal maar sien hoe die dinge uitwerk.
Hoop almal het 'n wonderlike en produktiewe daggie.