More more dames, ek is vanoggend terug by die werk, steeds nie internet nie, nadat ek al van 08h30 tot 13h00 met Telkom sukkel, het my man dit gou kom uitsorteer. Dankie Tog !!!!!!
Hexy, baie geluk, ek love julle nuwe karretjie !! Lekker leer bestuur.
Ankia, baie geluk met Petrus se verjaarsdag !!
Tienks, jy het pragtige kinders !!! Nee jitte, die reen help dat dit nie so verskriklik warm word nie, ek hou daarvan dat dit reen in die nag en sonskyn is in die dag. Ek kan nog steeds nie glo jou dogter is al so oud nie, sy lyk baie jonger as haar ouderdom.
Hey Drix, klink of jy heerlik geshop en gerus het, julle moet asb veilig terug ry en phodies kom post as jy terug is. Ek is bly dit gaan so goed met julle twee.
Hallo Klipster, jy klink sommer fris en vars en reg vir die nuwe jaar. Hou van jou positiwiteit. Whooohooo, ek hou duim vas vir jul volgende FS afspr. Ek hoop AF kom sommer gou.
Lalie, dit klink wonderlik, ek hoop regtig dit werk uit vir jou !!
Pais, weereens baie geluk, ek gaan gou jou storie lees. Jy is nou regtig ‘n mamma !!!