More more dames, gedink ek kom loer sommer gou in voor ek met my dag se take begin. Begin darem eers Woensdag werk, maar wil graag my kaste uitsorteer voor dan om baba kamer se kas leeg te kry.
Dit was nou lekker om van die ou "gesigte" te sien.
Beertjie, het gewonder waar was jy, maar ek is bly om te hoor dit gaan goed met jou en Janka !!
Vanessa, moenie moed verloor nie, wonderwerke gebeur nog.
Ella, ai vriendin, jy kan nie glo hoe my hartseer ek vir jou part is nie, maar weereens verbaas jy my met jou positiewe houding. Jy is 'n wonderlike inspirasie !!
Lalie, geniet jou scan !! En nee, Karin het haar 4D foto's so paar bl terug gepost.
Tienks, wat praat jy van terug see toe trek ? Ek hou duim vas dat jy met min moeite baie kilo's gaan verloor.
Hexy, toemaar my vel is net so vol puisies, maar kom ons hou duim vas dat dit alles goeie simptome is vir jou.
AFM: Ons het ook 'n rustige kuier by vriende gehad die nuwe jaar in. Lianey maak nou sulke bewegings hier binne en sy skop minder, maar harder as sy wel skop. Die bewegings kan jy actually voel met jou hand en sien ook, nogal weird, maar lekker. Ek is op die oomblik regtig verlief op my pensie en die lekker bewegings. Ek kan nie wag vir my dr afspr die week en my vlgnde 4D vlgnde week nie.
Julle moet 'n heerlike week he !!