× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #143133 by Tienka
Ella, kom ons 2 challenge mekaar so biekie?? Ek het 16kg om te verloor en begin vandag. As jy wil :laugh:

Julle die lewe is vrek onregverdig, my oc is preggies. Sy is nie getroud nie en kan dit definitief nie bekostig nie maar sy het 'n definitiewe boep alhoewel sy nog niks gese het nie, ek is sommer vies!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #143127 by sexy~hexy
UGH...my vel is vol puisies, ek het tot een karbonkel in my nek :angry: Ek het nog nooit so erg uitgeslaan nie. En selfs my make-up wil nie op my vel vanoggend nie, dit lyk pateties!!! Sommer lus en gaan huis toe....

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #143118 by Tienka
Halloooo Lalie, geniet die scan sommer baie en kom update ons asb!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #143117 by Tienka
More, more almal!!!! Hoop julle het almal 'n absolute stunning 2011.

Dis so lekker die 'ou' gesigte weer te sien. hallo julle!!

Ella - Ai doll, my hart bloei vir jou, maar jy het die regte gesindheid, dit is net 'n kwessie van tyd voor jy swanger is!!

Hallo Beertjie en Nessie, het julle gemis

Anje, bly dit gaan so goed met julle, jy het 'n man duisend daar beet, dis so sweet!! Hy gaan 'n wonderlike pappa wees!!

Hey Hexy, hoop jy voel gou beter en hou duim vas vir jou!!

AFM: Het 'n rustige naweek agter die blad. 2010 was vir ons 'n baie goeie jaar, sal sien wat 2011 bring. Hopelik kan ons einde van die jaar terugtrek see se kant toe en hopelik kan ek hierdie dik lyf van my weer dunner maak :laugh: Ek begin vandag reg eet, hou asb duime vas dat ek kan uithou!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #143116 by Laliek
More julle!

Hoop dit gaan goed met almal? Ek was so lank terug hier gewees ek dink na die BFP het ek sommer heeltemal preggie brain klaar ontwikkel ;-)

Hoe was almal se vakansie?

Ek het 'n scan vanoggend by oom Strikdas,ek kan nie wag nie!! Sal kom post sodra ek kan,scan is 10:15.

Pais weereens geluk met Rikus!

Het ek iets gemis? Is Karin se dogtertjie ook gebore??

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #143107 by sexy~hexy
More almal :)

Ek hoop julle almal het 'n bevange Nuwe Jaar gehad....ons s'n was maar rustig, het dit reen-reen ingegaan.

En dit reen nou te lekker hier ..... dis mos hoe ek my dorpie ken :)

Ek sit met 'n seer keel, dink ek het mangelonsteking :S

Hoe gaan dit met almal??

Ek het so af en toe ingelog om op te vang....so ek is darem nie te ver agter met almal se doen en late nie hehehehe.

BD marathon is nou agter die rug....het geBD op cd10, 12, 14, 15 en 18. Ek het weer erg O-pyne gekry, en weer vir 'n slag 'n afskeiding!!! So sal maar sien volgende week wat is die resultate...Ek het net besluit indien ek nou weer swanger is, sal ek vir julle dames op die forum se, maar vir ander gaan ek dit stil hou tot ek reg voel.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #143065 by Nessie
Hallllooooooo Dames!!!!

Hoe gaan dit met almal van julle? Skuus ek is soooooo mia, het nie internet by die nuwe werk nie, what a bummer! Ons is uiteindelik in JHB en dinge gaan heel goed met ons hier!

Ek verlang vreeslik na die geselsies en sal regtig probeer om meer in te log!
Ek hoop julle het elkeen n wonderlike Kersfees en Nuwejaars gehad!

Ek en DH het glad nie die laaste 4 maande aan babas gedink nie en is steeds nie preggers nie maar ons sal sien wat hou die nuwe jaar in. Ons is ook nie van plan om gou weer n dok te gaan sien nie, die lewe moet maar sy gaan gaan met ons op die oomblik.

Julle moet n lekker dag he!
Liefies!

Me - (26) 10/04/85
DH - (30) 13/12/81
TTC first LO since - Dec 08

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account