× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 10 months ago #143064 by ella~bella
Hallo julle.....

Dankie vir almal se omgee en ondersteuning. Ek kan nie beskryf hoe baie ek dit waardeer het nie.

Dis nou back to reality, en ek het vrede gemaak met die saak dat ons 2de IVF nie gewerk het nie. Ek het nog nie kans gehad om met FS te praat nie, en ons het 'n telefoon afspraak 18 Januarie. Maar ek weet klaar hy gaan nie veel meer se as die vorige keer nie.

Ek aanvaar dit dat dit soms werk en soms nie werk nie, en ek gaan niks verder daarin lees nie. Ons het sperm, ons het eierselle, ons het actually embryos, so dis net 'n matter of time voor ek swanger is.

My plan nou is om 15 kg te verloor, waarvan ek 8 kg opgetel het met die 2 IVF's. Nooit geglo dat die meds my so laat gewig optel nie nie. En dan, sodra ek die 15 kg verloor het, gaan ek vir FET. Ons het 3 gevriesde embryos wat ek hier by April wil terugplaas.

Sorry dat ek nie veel aandag aan julle en al julle dinge gegee het nie, so ek wag vir een van Anje se volledige posts dat ek presies kan weet wat gaan aan.

Emosioneel is ek nou weer reg, maar ek moet eerlik wees dat die BFN baie erger as die eerste keer was. Ek het gevoel asof my hart uit my lyf geruk word. Ek het so ingedoen gevoel. Die volgende dag heeldag gehuil... die dag daarna het ek besef dat ek kan huil en huil, dit gaan my nie pregnant maak nie. Maar ek kan ophou huil, my make up opsit en die wereld face en elke oomblik wat ek in RSA is geniet... dit het ek gedoen!

Ek het bitter baie om voor dankbaar te wees, en ek sal myself elke dag daaraan herinner!

x

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #143054 by Beertjie
Hallo al my vriendinne!

Ek het julle nie vergeet nie hoor, ek is maar internet loos dees dae en kan nie op moomie gesels deur my foon nie. :(

Ek dink so baie aan julle!

Ek wil graag hoor hoe gaan dit met Driekie en Marie en die vrugwater, is dit al op geklaar?

Anje ek kan nie glo jy is al 28weke nie!!! En Lianey is 'n pragtige naam!

Ansa is bly Janka gaan nou 'n boyfriend kry, ons sal net moet plan maak dat hulle mekaar ontmoed.

Pais baie geluk met julle klein bulletjie, kannie wag om nog fototjies te sien nie!

Tienka ek sien jy het 'n nuwe katjie gekry, ek is mal oor katte!!
Ek sien in die nuwe baba en kleuter het hulle oulike idees vir hoe om kossie vir babas te maak en gee.

Ankia jou TLC tyd kom nou nader... hou duime vas...

Cornel hoop dit gaan nog goed met jou.

Strikkie ek sien nog geen BFP nie, kom nou girl ek het so gehoop dis voor die nuwe jaar... ons sal aanhou bid!

Hexy hoe gaan dit met jou girl?

Aan al die ander wees gegroet!!!!

AFM: Gaan goed met my en Janka, sy begin nou al meer te skop so ek is bly as ek haar lyfie voel beweeg! Laas toe ek by die dokter was het sy op 22weke 600g geweeg!! En sy is defnintief 'n dogtertjie!!! Verder begin my buik nou seer raak en kry ek lelike ligament pyne, maar dis nog steeds die moeite werd!

Mag julle almal 'n wonderlike en voorspoedige nuwe jaar beleef, vol geluk en vreugde...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142950 by Lia
O, wou nog se, Lianey het my verlede week so hard geskop, dit was actually seer, maar nog nie weer nie. Maar eintlik was dit lekker, want ek kon die voetjie so duidelik voel.

Ek het ook gister heerlik geshop vir myself, iets wat ek lanklaas gedoen het.

Dit voel alweer of ek goed vergeet het, jammer, maar hoop julle het 'n heerlike dag en bestuur asb veilig as julle iewers heen gaan.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142949 by Lia
More more girls, klink darem of almal ‘n heerlike Kersfees gehad het. Het nou lekker gesukkel om op te vang, maar ek is weer by.

Wow, toe is Chris se 3ling gebore en klink my klein Rikus is oppad. Baie opwindend !!

Karin, klein Kiana is pragtig !!

Driekie, Hoe was jou 4D op die 28ste ? Kan nie wag om phodies te sien nie.

Dassie, wow girl, tyd vlieg, lekker om van jou te gehoor het.

Strikkie, ek dink ek het iets gelees van jy moet die FS bel as AF opdaag, maar nou het dit begin en gestop. Miskien moet jy maar toets vir sekerheidshalwe en dan FS bel. Los maar liewer vir Dr Google uit jong, hy is nie altyd so wys nie. Ek hou styf duim vas vir jou.

Hlise, baie geluk met jou tweede dogtertjie !! Sy het ‘n pragtige naam !!

Ankia, sien jy begin ook amper weer met die BD oefening, sterkte, ek hoop julle kry gou twee strepies !! Dink die gewigsverlies gaan ‘n groot verskil maak. FXFXFXFX Sjoe, dankie tog jou suster het nie seer gekry in die armed robbery nie, ons het self ‘n paar voorvalle reg rondom ons gehad die laaste paar weke en my man is ook bietjie paranoid nou. Hy kyk daarna om vroeg in volgende jaar maar die ogies en alarm te laat in sit. Ons het darem reeds die panic buttons.

Liz, ek hou styf duim vas vir ‘n BFP in die nuwe jaar !! Maar ek stem saam, ‘n check up by ‘n gyne is ‘n goeie idee, moenie worry oor skaam wees nie, ek belowe jou hulle het al alles en meer gesien. Hehe, skies as ek lag vir die OPK storie, maar dit laat my dink aan myself in die begin, later het ek nie meer omgegee nie.

Ansa, weereens baie geluk met die seuntjie !!

Nel, ek mis julle ook man, as Januarie nou aan die gang kom, dan reel ons weer ‘n kuier. Ek het jou B-Day skoon gemis, was nie naby ‘n internet lyn nie en foon was maar meestal in kar. Hoop darem jy was baie bederf !!! Het julle al ‘n huisie gekry?

Tienka, ek love jou nuwe kieter kat se naam !! Sy is so cute.

Morgs, het julle al bly plek die kant gekry?

Aah ek is so spyt ek het Drix se babyshower gemis, maar klink darem of julle pret gehad het !! Waar is die phodies ?

Ek het die My Pregnancy tydskrif gekoop en nou het my man dit begin lees, hy vertel my gister ons gaan nou 3de trimester toe en die boek se dat die brein / neurons nou ontwikkel en baba kort meer nutrients as gewoonlik. Hy het gevolglik die lekkerste lekkerste lekkerste groente stew met hoender gisteraand gemaak. Dit was yum !!

Weet nie wie almal nog hier is nie, maar mag die nuwe jaar vir almal nuwe hoop bring. Ek het julle groepie verlede jaar Desember gejoin en met al julle ondersteuning en stories van hoop is ek swanger met ‘n wonderwerk dogtertjie.

Moet se, na al die stres en bekommernis wat sy vir ons in die begin gegee het, maak sy nou goed op. Ek is absoluut verlief op my pens nou, kan nie ophou kyk in die spieel nie en sy is baie meer aktief as voorheen.

Mag almal wat nog TTC vroeg in die nuwe jaar hul twee strepies kry !!!!!!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142926 by Tienka
Strikkie, ek glo daar is dan nog hoop!! Vasbyt girl ek hoop AF bly weg sommer vir 'n baie lang tyd!!!!

Girls ek groet nou, julle moet 'n stunning dag he more en ek hoop dat 2011 vir elkeen 'n stunning fantastiese jaar gaan wees!!!!!!

Toedels, gaan nou shop :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142919 by Liz
Hallo julle!

Ai Strikkie girl, ek hou steeds al my duime vas vir 'n wonderwerkie! Ek is nog nie lank in die "game" nie, maar weet al hoe dit voel om 'n BFN te kry....... hou net moed. Ek het 'n goeie gevoel oor 2011 vir ons almal!

Ooooh Tienka, ek is mal oor 'n vlooimark! Ons het ook nie groot winkels hier by ons nie :(

Ons gaan nie veel doen vanaand nie, het net nie die krag nie, is net lus vir slaaaaaaaaap, selfs al slaaaaaaaaap ek die nuwejaar in! :laugh: boring!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142915 by Goggatjies
Strik, jy moet 'n wonderlike aand he

2011 gaan 'n wonderlike jaar wees

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account