× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #128584 by Lia
PS: Ek lees gister aand voor ek gaan slaap gou bietjie in die pregnancy bible en sien dat as jy dogtertjie verwag, het sy reeds iets soos....ek kan nie eers onthou hoeveel nie - te moeg ....., maar 'n paar miljoen eiertjies in haar ovaries, ek noem dit vir hubby, sy antwoord: Nee, ek sal liewer nie herhaal nie !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128578 by Lia
Oi, more more dames, gaan al weer nie tyd he om op te vang nie, wil net vinnig hallo se. Ek is vreeslik besig hier en in die aand leer ek, maar voel of ek niks onthou nie.

Ek het gisteraand phodies van my 20 weke belly geneem en was te moeg om op te sit, sal later in week probeer. Ek wens nou net ons kombuis wil klaar kom, hulle het darem gister begin verf en hopelik kom die kaste more of Donderdag, dan is dit net die plumbing klaar maak, die liggies wat moet in kom en die teels wat gele moet word. So seker eers einde volgende week, die stof en gemors en beperkte leefspasie begin nou aan my vat, weet nie hoe het ons ooit in ons vorige plekkie gewoon nie. Dan moet ons nog ons klere Laundromat to vat ook en verlede week het een van my hemde met 'n gat in terug gekom - mos op eie risiko. Skies, klink of ek kla, is net bietjie moeg op die oomblik, maar sien steeds uit na 'n nuwe kombuis en om weer ons leefarea te kan gebruik en om weer by die voordeur te kan in en uit gaan.

Lekker dag vir julle almal !! Belowe ek sal later in week bietjie opvang.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128545 by Kriek
Hallo julle, loer net gou in om hallo te se. Hoe gaan dit met julle almal ?
Dit reen tog te lekker hier by ons, wens iemand wil vir ons pannekoek bring.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128540 by sexy~hexy
More almal

Wel...toe waai die wind ons amper weg gister...bring wolke...en waai weer die wolke weg. Wanneer gaan ons reen kry :S Kyk ne, ons dorpie is regtig 'n vetkol...dit reen rondom ons maar nie by ons. Ek bid regtig dat ons reen vinnig kom.

Hi G - daai eetplan klink vir my ook na 'n goeie idee :) Dit was amper iets soos wat ek met Jayden ook gedoen het, hy het 3 keer 'n dag bottel gekry met pap en purity en joghurt tussenin. Het ook geen probleme met hom gehad oor slaap nie, van 3mde af het hy net begin deurslaap :) Ek hoop regtig daardie plan werk sommer gou vir jou en De Nys!!!

Hi Pais :) Sterkte met die emosies jong!! Dis darem die enigste keer wat jy 'n baie goeie rede het vir als - its called being pregnant ;)

Hoe gaan dit met al die ander??

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128493 by G Baby
Hello almal!!!
Jammer ek is so skaars,ek en my man het gister gou opgery pta toe en het vandag vir De Nys na sister Anna cronje gevat en weer terug by die huis. julle is dit nou nice tannie en sy weet waarvan sy praat. Sy vra jou klomp vra oor baba,weeg,meet ens hulle en dan gee sy vir jou voedings program/roetine program wat sy dan met jou bespreek. Sy beveel alerhande goed aan,regtig die moeite werd om mens se baba soontoe te vat. Sy het die volgende vir de Nys aanbeveel. Na elke borsvoedsessie moet hy nog 50-75ml formule melk ook kry. Slegs 4 melk voedings op 'n dag. 2 keer pappies gee met vrugte daarna en in middag gemende groentes. op 6 maande gaan ek vir hom begin proteine gee. Sy s? vir jou presies hoeveel hy van wat moet kry en hoeveel melk volgens sy ouderdom en gewig. Sy reken 2 weke op haar program dan slaap haar babas deur.......Nou ja ek gaan dit deftentief probeer.

Mommy jou kids is pragtig,kan nie glo liam is al so bulletjie nie!
Anje-ek onthou nog hoe spesiaal dit was as die babatjies so geskop het-geniet dit vreeslik baie,dit gaan so vinnig verby-ek mis dit.
Morgs-geluk met jou gewigsverlies!!!
Laliek-hoop dr pentz kan help en dat hy vir jou antwoorde het,hy het nou goeie vriendin van my die naweek invitro gegee,dis haar 3 e een,ek hoop so dit werk die keer vir haar.
Nelria-sterkte met die eksamen!
Hello aan al die res,tienka,karin,driekie,cornel en hexy...askuus as ek iemand vergeet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128462 by Cornel
Goeie middag dames.

Jammer is was vandag so mia en ek dink ek gaan more ook mia wees,sal weer van Woensdag af saam gesels.

DH is nog bietjie af......het nou klaar nagskof gewerk.

Hier gaan dit goed,ek wag net dat AF moet begin,dit sal dan die eerste AF wees,vandat ek terug is op die VB pilletjie.

Sien dit gaan darem goed met almal!

Lekker aandjie vir julle almal verder!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128446 by KarinM
Gits, ek raak besig en daar klets julle weer... LOL.

Wel nou kan ek nie alles onthou nie, maar wil net gou koebaai se vir almal en hoop julle het 'n lieflike aandjie.
Hexy, mag jy veral baie beter voel teen more en meer vrede he soos ons almal vir jou bid en toewens.
XXXX

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account