heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 8 months ago #254648 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
hahah julle, dankie! Reinhardt is net so mooi! baie mooi betekenis!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254647 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
3xmom...sjoe dis nou 'n wow droom...hehe..
Armandt is regtig 'n pragtige naam.

Ons het besluit op Reinhardt...betekenis...
Mighty and brave or strong judgment.

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254646 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Haha 3x mom!!! Dit is 'n mooi naam!

Met my vorige swangerskap het ek so ongelooflike helder droom gehad dat ek die babatjie het, maar hy is so klein soos 'n Kewpie poppie, en ek het hom iewers gesit en kan hom nie weer kry nie!! Dit was so helder, dis scary!

Mamma Olifant, ek is 'n plaaskind, en my seuntjie ook. Dit is die grootste voorreg, en absoluut ongelooflik om op 'n plaas te kan groot word!

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254645 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
MammaO dis darem goeie nuus dat julle nie skade gely het nie!

ek wou nog vertel, ek kry mos nou saterdag nag die droom ons hou vakansie op 'n vreemde plek en daar is 'n swembad en 'n strand. maar my familie en my skoonfamilie is saam

ek is in die droom 36 weke swanger en besluit om te gaan swem. terwyl ek swem gaan ek in kraam en niemand is by my om te help nie. so bly ek in die swembad en die baba kom uit, toe ek so vooroor buk om die baba uit te haal breek die naesltring af. toe so entjie verder spoor ek my man op en se vir hom, baba in die arms, ons moet nou hospitaal toe gaan sodat hulle die plasenta kan uithaal. en na die hele ordeal vra my man wat ons nou die baba seuntjie moet noem en ek se toe sommer Armandt. hy se toe ja wat kom ons noem hom sommer dit en dan is dit sommer ook oor en verby...

julle... ek droom nie baie nie, maar wanneer ek sulke goed droom word ek benoud... ek bly so ver weg van 'n swembad as moontlik vanaf 36 weke. maar die naam hou ek, ek dink dit is 'n mooi naampie. beteken soldier/ strong warrior. darem was dit 'n pragtige babatjie net baie klein en het net 1 kg geweeg, die mooiste fynste gesiggie met donker haartjies... :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254644 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal, hoop julle het ‘n lekker naweek gehad!

Dankie 3xmom, darm nie skade gelei met vleis of so nie, ek word weekliks betaal en koop so vleis vir die week. Gelukkig was daar net 2 pakkies vleis in vrieskas wat ons op die gasstoof kon gaarmaak :)

Twinkle, hier was ‘n fout met ‘n kabel of iets en hulle het lank gevat om dit reg te maak, gewoonlik is die krag nie gereeld af nie, en hier is boorgatwater en munisipaliteitswater. Net boorgatwater werk nie as die krag af is… Is nie ons plaas nie, my man werk hier, maar sal ook nie weer in die dorp/stad wil bly nie :) Sien uit daarna om 'n kleinding op 'n plaas groot te maak, dit was my grootste wens as kind om op 'n plaas te bly!

Andie, ek is by Wesfleur Hospitaal in Atlantis, en is nogal baie beindruk met hulle. Hulle is baie georganiseerd en behulpsaam. Ag, daai pakkie is te pragtig! My skoonsus het al vir my dogtertjie kleertjies gekoop en dis net so cute! Sy het strokie by gegee ingeval dit eintlik ‘n seuntjie is lol. Ai, jammer oor die ongemak met die aambei probleempie :(
Kan ek dalk vra vir so ‘n tidy dingetjie en die kussingkie? Juis netnou vir my man gesê aangesien die kot blou is, en die gordyne groen, gaan ek maar met groen, blou en pienk gaan vir baba se goedjies. As iemand anders nie ook van die goedjies wil he nie kan ek dit als vat en oortolliges by 'n welsyn gaan afgee as dit reg is met jou...

Ai Haffie, dis nou simpel van daai vrou gewees… Ek’s baie bly jy was op die rustige perd!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254643 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Este, maak rooibostee aan, laat dit bietjie afkoel en smeer jouself dan orals in met watte!! Ekt ook so verbrand die vakansie, die rooibostee werk regtig. Jy kan ook "after sun" koop vir verligting teen die seer, maar rooibostee werk vir my - ek gebruik dit vir so baie goed, ook nou vir my vel wat so klomp knoppies uitlsaan agv hormone!

Jy is al lekker ver, 24 weke!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254642 by Este
Replied by Este on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal,

Ek is more alweer 24 weke en die mannetjie het skielik van gisteraand af losgetrek met baie bewegings. Vanoggend 3h my wakker gemaak en gewoel soos hy tekere gegaan het. Maar dit is te lekker gevoel so word maar wakker van die skoppies.

Andie ek het by my gyne in begin so starter pack gekry met Probi Flora in, kan nie nou onthou watter ene nie (was oplosbaar), maar dit het gehelp vir hardlywigheid en dan eet ek bitter baie pruime en vrugte.

Het enige van jul dalk enige raak vir sonbrand? Ons het die naweek gaan kamp by Breederivier en ek het my bene, arms en rug baie erg verbrand in son sonder om agter te gekom het. Nie seker wat mens mag aansit of nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account