More julle!
Twinkle, ek is vandag 20w1d en voel ook nog niks van sussie se bewegings nie. My dokter het ook gesê omdat my plasenta aan die voorkant van my maag lê sal ek eers veel later voel.
3xmom geniet die atletiek!!
Lagogies, jammer oor die bouncer. Dis nogal weird van Kalahari. Ek koop gereeld by hulle en het nog nooit so iets oorgekom nie. Ek hoop jy kan dit uitsort want dit is regtig 'n super special gewees. Maar soos Twinkle sê, miskien het hulle 'n fout gemaak met die prys...
MammaO, al kry jy net 'n hospitaal plan vir jou en baba is dit beter as niks. Ek glo mens kan nie sonder medies sit as jy 'n kleintjie het nie. Na watter staatshospitaal gaan jy?
Ek is oor die halfpadmerk!!! Super opgewonde. En ons sien more weer vir sussie so dis net die cherry op die koek.
TMI... Ek het verskriklik las met my ambeie, en ek sien vanoggend dit bloei ook nou, so ek sal maar die dokter nou moet kontak.
Kyk net die mooie pakkie wat ek Saterdag gekoop het. Net te freaking cute!!