Andie, was jy al by die apteek? My man is 'n apteker en mense kom vra baie vir hulle daaroor....maar maak dan net seker jy praat met die actual apteker, en nie 'n assistent nie, as jy wil seker wees van die feite.
Ek is vandag 22 weke

Voel babatjie nou meer gereeld - waar ek eers haar gevoel het aan my linkerkantste sy kan ek haar nou in die middel naby my naeltjie voel, wonder of sy weer omgedraai het. My scan is Vrydag, so sal dan bietjie kyk!
Ek voel eintlik heel goed. Ek is net nogsteeds moeg, nooit die energy burst gehad nie. My sooibrand is heelwat beter, dis nog net as ek brood eet, sekere chocolates ens, nie meer ALLES nie. Maar dit kan seker nog verander!
'n Hele paar vriendinne se babas is hierdie week gebore - een meisie se baba is op 33 weke gebore agv hoe bloeddruk

Scary as mens so daaraan dink, want vir my is dit maar oor 11 weke! Maar alles gaan goed met haar baba, net baie klein en nog in NICU. Ekt gaan kuier vir 'n ander vriendin en haar baba by Panorama, hare weeg 3.3kg maar sjoe dit lyk so klein!!!