Ek het per ongeluk iets ontdek wat ek wens ek bietjie vroeër ontdek het (net om te sien of dit regtig so is) My naarheid was elkgeval besig om weg te gaan, net so elke 2de of 3de dag, maar verlede week toe gee iemand vir my 'n sample pakkie van daai Mai-Thaim badsout wat 'n mens kry. Ek research toe of dit veilig is om daarin te bad, en omdat ek 'n ding vreeslik ordentlik research voor ek iets doen, kom ek toe op 'n artikel af wat voorstel dat Magnesium tekort 'n groot rol speel in naarheid in Swangerskap. Basies gebruik jou liggaam vreeslik baie Magnesium in die bou van jou plasenta, ens. En een vd simptome van Magnesium tekort is naarheid... Hierdie badsoute is basies gegeurde Engelse sout(Magnesium sulfaat), en mens absorbeer die Magnesium deur jou vel in jou bloedstroom in. Nou ja, soos ek sê wens ek dat ek vroeër hierop afgekom het, dan kon ek dit behoorlik toets, maar het nou al 2 aande in die goed gebad en nog glad nie weer naar gevoel nie. Sulke baddens help ook vir geswelde voete en om 'n paar komplikasies te voorkom.
Vir die wat bietjie wil lees:
www.mommypotamus.com/the-real-cause-of-morning-sickness/ en
drsircus.com/medicine/magnesium/magnesiu...regnancy-and-birth-2