Hallo julle
Ek sit nog steeds by die werk... Maandeinde!!
Irene, dit sal die eerste keer wees wat ek soontoe gaan ja. My dokter het gesê die sonographer is baie nice, so ek sal mar sien. Vreeslik opgewonde en ek hoop die dingetjie speel saam sodat ons kan sien of dit pienk of blou is!!
Ek moes nou so ver terug lees... Wie het gesê van die Wimpy chips? Ek crave ook heeltyd Wimpy chips met lekker asyn en hulle tamatie sous!! Of McDonalds chips met Sweet & Sour sous. Ooohhh, en die Milo boksies!! Flippen hel, as dit so yyyyyyysssskoud is!! Lekker!!
Steri Stumpies... Seker die beste ding op die mark op die oomblik. Ek is weer verslaaf aan die chocolate een. Ek is oor die algemeen nie 'n groot fan van piesang flavoured goed nie. Ek het nog nooit gesukkel met rooi vleis nie en ook nie water nie, maar ek eet ook defnitief minder op 'n slag as gewoonlik.
Ilse, jou ou tewerasie!! Ek is sommer jaloers!! Jy moet dit vreeslik geniet!!
Verder is als OK hier by my. Net baie besig by die werk. Weetie van julle nie, maar ek vind my gag-reflex is verskriklik aktief. Dis nie asof ek naar raak vir reuke en goed nie, maar as ek iets sien of ruik wat nie lekker is nie maak ek myself naar, as julle nou weet wat ek bedoel?
Ek sal more weer gesels na my scan!!
Lekker aand almal