Marijke, ek freelance deur oDesk.com. Meestal Admin assistant/virtual assistant tipe werk, somtyds doen ek so bietjie translation werk en transcription ook. Ek het dit altyd gedoen so saam met ander werk, maar het besluit om nou voltyds te freelance

Sover lekker, maar ai dit verg baie dissipline.
Ek het ook so gesukkel met water vanaf week 5 (wat nou eintlik week 6 was) Kon glad nie drink nie, toe gaan koop ek vir my daai Brita Fill&go bottels by Pick n Pay met die filtertjie in, en vind as die water yskoud is, en deur die filter loop is dit bietjie beter, maar het vir so 3 weke op aanmaak vrugtesap en sprite geleef... Nie te gesond nie, maar nou ja, mens moet vloeistof inkry.
Ilse, wat my datum aanbetref, volgens lmp is ek al oor 11 weke (lmp 10 Sept), maar het maar geskat ek's nie so ver nie agv vorige lang siklusse van 37 dae +. Maar lyk my hierdie siklus sou korter gewees het as ek nie swanger geraak het nie. Dit was maar my 3de siklus anyway, want ekt vir meer as 'n jaar lank glad nie iets gekry nie. Toe ek begin gewig verloor met Tim Noakes se eetplan, het dit sommer teruggekom, en 3 later toe is ek sommer swanger ook!