Hallo julle. Ek is vandag 9weke...woohhoooo.
Ek wou baie graag normaal kraam met my seuntjie. Maar kon ongelukkig nie. My seuntjie het groot koppie gehad en het op 38w5d was sy gewig 4.11kg. Maar met 'n ma van 1.9m en pa van 2m sou ons mannetjie seker lkr groot wees.
Ek is nie spyt oor my keiser nie,want gynie het selfs gesukkel om hom uit te kry,ek het bietjie geskeur ook.
Ek het myself gedwing om dag 2 bietjie te stap in hospitaal,elke dag bietjie meer,ek moes want ons het op daai stadium in duplex gebly.
Dag 1 en 2 by die huis bietjie styf en seer...maar het vinnig gewoond geraak. Al ons vriende was verbaas om my op dag 3 te sien by die huis waar ek maklik rondbeweeg en kos gemaak en skottelgoed gewas het.
My gynie het verlede vrydag gesê ons sal moontlik die baba al op 38w moet uithaal...blykbaar is meeste 2de babas groter as 1ste..veral met so lang ma en pa...
Ek sou graag normaal wou kraam...het vbac oorweeg maar my snit is nog te vars...moet ten minste ouer as 2jr wees...
Oja omtrent die voorgeboortekasse....ek en manlief was daar...ek dink nie dis regtig nodig nie...maak mens net bang...jou dr kan jou wys hoe asemhaling tydens geboorte werk en als verduidelik omtrent epiduraal en spinaal ens.
Met my vorige swangerskap het ek op 16weke begin wees....en teen 20 weke was ek duidelik....

Ekt met vorige swangerskap 14kg opgetel...omdat ek rukkie op bedrus was....hoop om nie die keer so baie op te tel nie...