heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 10 months ago #253243 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Baie baie geluk met jou verjaarsdag MO ... Mag jou dag en jaar gevul wees met baie liefde, vreugde, en geluk!!! Jy moet lekker verjaar en ek glo en vertrou saterdag deel jullle julle nuus met almal...

Ilse amper tyd vir jou om lekker te gaan ontspan... jy gaan dit so geniet!!!! Sterkte met al jou laaste goedjies by die werk

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253242 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
MO - jy moet net lekker lê en ontspan, lees 'n boek of kyk tv of gaan shop 'n bietjie! Baie geluk met jou verjaarsdag!!!! En dit nogal die 30ste, wat 'n wonderlike geskenkie is dit nie!!! So ek en jy verjaar baie naby aanmekaar, ek is nou wel so paar jaar ouer ;-)

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253240 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ag lekker Ilse, geniet Mauritius! Ek's baie jaloers!

Hoe gaan dit met almal vandag?

My nuwe baas het my verbied om te werk vandag omdat dit my 30ste verjaarsdag is, nou is ek so verveeld! Ons hou Saterdagaand 'n potjie vir my verjaarsdag, en as als goed gaan by die scan, wil my man die scan fototjie in 'n boksie vir my toedraai, en dan moet ek dit oopmaak voor almal wat daar gaan wees as die aankondiging van die swangerskap. Ek sien verskriklik uit na die scan - kan nou nie meer wag nie! En al die simptome soos naarheid, sooibrand, metaal smaak in die mond en alle kos wat altyd so lekker gelyk het my nou afsit, glo ek als gaan goed met die klein boontjiepit.

Nou ja, naweek amper hier! Lekker dag vir almal :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253237 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal

Hoop dit gaan goed.

Haffie - bly jou scan het goed gegaan!

My hart bloei vir almal van julle wat so vreeslik sukkel met die naarheid, dit is absoluut viieslik!!! :sick: :sick: Ek is baie dankbaar dat my naarheid my darem nou al vir so 4 weke verlaat het.

julle, ek het nog so baie om vandag en more by die werk klaar te maak en dan nog alles regkry om in te pak. dis vreeslik opwindend, ek kan nie meer wag nie! sal maar baie in die vliegtuig moet opstaan, gister en eergister het my voete vreeslik geswel.

Ek dink 'n riglyn is so 2kg of so vir die 1ste trimester, maar almal is anders, kyk net waar staan my boep al!! En ek dink ek het nou maaar eers 2kg opgetel.

lekker dag!
xxx

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253236 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More More!

AAAAAAMPER Vrydag :rock: :woohoo:

Hoop julle het 'n super daggie

@ Twinkle ek het toevallig nou vanoggend al begin lees wat in week 11 gebeur en op die gewig optel onderwerp afgekom ek paste vir jou die link : www.justmommies.com/articles/eleven-weeks-pregnant.shtml

Ek het ook vroeer gewys met my tweede swangerskap en hierdie ene het ek al op 9 weke my eerste maternity broek gekoop. broeke begin nou net ongemaklik raak.

Ek is minder naar vandag, so dis awesome, maar nog lekker moeg. En dan is ek amper seker ek het daardie eerste vlinders begin voel :blink: :huh: maar dit kan natuurlik ook my verbeelding wees :blush: :P

julle moet 'n lekker daggie he!

tarra B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253234 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More julle

Hoop dit gaan goed

Haffie so bly jy het n goeie ondervinding gehad by Dr S ... Ek moet se ek kan ook net goed praat van haar almal kan ongelukkig nie dieselfde se nie ;-). So bly alles lyk goed!!!

Ilse jou "pensie" lyk te mooi... jy is al so lekker ver in jou swangerskap dis heerlik!!! Binnekort halfpad....

Wie weet hoeveel gewig moet / mag / kan jy optel in jou eerste trimester? Dit voel of ek al uit my klere groei sit defnitief stywer (is my 2de swangerskap en 9 weke) maar het vanogend toe ek weeg was ek so verlig om te sien nog niks opgetel nie....

Julle moet n heerlike dag he....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253227 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Oulike boep Ilse!!

Scan was great! Als lyk goed! Hartkloppie 153bpm en ctr lenght is 6.8. Ons meet so 4 dae voor maar sy het nie verander aan my due date nie. Sy is vinnig en baie akuraat en baie oulik.

Ek sal more n foto laai van die rekenaar af. Heeltemal te poegaai om dit te probeer uitfigure van die foon af! Lekker slaap julle!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account