heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 10 months ago #253100 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hallo almal

Hoop dit gaan goed vandag.

Gogga, jammer oor die 2de babatjie, maar baie geluk met die ander sterk en gesonde enetjie!


MO - sterkte met jou vreeslike besige week wat voorlê, kan dink jy sien baie uit na saterdag!

3xmom, jammer jy voel so mislik jong, dis regtig aaklig om so te voel!

Andie, bly om te hoor dat dit beter gaan met jou - so ampertjies wat jy nou in die 2de trimester is! Ek moet sê ek wag nog vir die vreeslike energie om my te tref en ook om my libido terug te kry.

Hierdie naweek was maar dol gewees, het probeer shop vir Mauritius (ons vlieg mos Saterdag) maar Eskom het dit moeilik gemaak deur saterdag en sondag die groot malls se krag af te sit :headbang:
So ek het nog hope goed wat ek moet afhandel en die werk is ook so besig, veral omdat ek maar nogsteeds sukkel om in te haal nadat ek so bietjie in die hospitaal vertoef het.

die goeie nuus is darem dat ek sedert Saterdag glad nie meer hoofpyn het nie! :rock: So ek voel eintlik heel goed!

Ek het darem mooi swemklere oor die naweek gekry, so kan nie wag vir Mauritius nie!!!!

lekker dag almal!

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253098 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More Jul

Hoe is almal se Maandag sover? EK kan nie meer wag vir my verlof nie. Sien uit om net elke dag rustig by die huis te kan wees. Alhoewel die familie afkom weet ek nie hoe rustig gaan wees nie, maar gaan probeer.

3xMom - dis nie lekker om so te voel nie. Maar dis alles die moeitewerd. Maak nie saak hoe moeg ek is nie, ek kla glad nie, dis vir my net te lekker om te weet ek het n klein mensie wat ek moet veilig hou. Ek net byse ek sukkel darem nie met naarheid ens nie. Al wat my vang is die moegheid en die krampe soos alles rek en strek. Hardloop permanent toilet toe om te gaan seker maak daar nie bloeding nie. (het n miskraam gehad vroeer in die jaar min of meer die tyd wat ek nou is). Maar bly gaan beter met jou. Vasbyt die ergste amper verby.

Gogga - eks jammer om te hoor van die klein hartkloppie. Ek hou jul in my gebede.

MammaO - Dis so lekker vooruitsig die nuwe werk. Ook goed om so besig te bly dan stap die tyd vinniger verby. Jy moet dit geniet.

Lagoggies - sterkte met die scan vandag en geniet dit.

Hoop almal het n lekker daggie verder.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253088 by Andie
Replied by Andie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More julle

Lagogies, sterkte met vandag se scan!! Kom wys asb foto's

3xmom, jammer jy was so siek die naweek. Dis darem amper tyd vir dit om weg te gaan.

MammaO, sterkte met die nuwe werk!!

Gogga, Irene en Zettie, my vorige ginekoloog was ook by Louis Leipold maar hy doen nie meer bevallings nie, toe skuif ek mos nou Panorama toe. Maar ek stem saam, LL is 'n oulike hospitaal. Ek het ook geen klagtes van die vorige kere wat ek daar was nie.

Gogga, jammer oor jou situasie. Ek is seker dinge werk uit soos dit moet. Sterkte!!

AFM, niks veel nie. Het gisteraand weer 'n bietjie van 'n af aand gehad vir die eerste keer die week, maar darem gelukkig nie so erg soos nog 2 weke terug nie. Ek dink ek is defnitief nou oor die ergste. :rock:
Sien verskirklik uit na my fetal assessment volgende week. En ek hoop baba speel saam en maak daai bene oop vir ons...

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253083 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More More!

Hoop almal het 'n heerlike naweek gehad?

Gogga, dit is die beste plekkie om te wees, in God se hande. daar sal ons altyd veilig wees ((((hug))))

vir my: ek het 'n mislike naweek gehad, regtig gesukkel met naarheid en duisligheid, ook hartkloppings, en ek bly net moeg.
Hierdie week gaan bietjie besiger wees, kan nie glo die week is die laaste week van November nie, oor 1 maand is dit Kersfees :woohoo:

MammaO sterkte met die nuwe werkie! Hoop dit gaan alles wees wat jy voor hoop :)

julle moet 'n super daggie he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253082 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More julle :) Hoop julle het almal 'n fantastiese naweek gehad!

Ek kan nou nie vanggend op ons spreadsheet uitkom nie, my Google Drive app sê hy is unavailable :(

Maar hierdie week se scans lyk so:

Vandag, 24 November is Lagogies se Fetal assessment

Woensdag, 26 November Haffie se scan

Saterdag, 29 November my eerste scan op 10 weke

Sterkte Lagogies vir vandag!

En vir die res van ons: Sterkte vir die week! Ek maak Donderdag klaar by my huidige werk, en begin vandag al ook my online werk, so dis 'n lekker besige week wat vir my voorlê. Ek kla nie, hoe besiger ek is, hoe vinniger vlieg die tyd na Saterdag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253081 by Gogga
Replied by Gogga on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
IreneL ek woon in Durbanville. My gynie is by Louis Leipoldt. Ek was nog nooit spyt oor die Hospitaal nie. Was so lekker om daar te kon kraam einde 2013.

Me 33
DH 31

Got married on 3Nov 2012

BFP 11 Des 2012
Miscarriage 22 Jan 2012(Blighted ovum)

BFP 14 April 2013
EDD 20 December 2013
Birth of Alexander 11/12/2013
4.11 kg

BFP 24 Oct 2014
Beta#1 1053 (24/10)
Beta#2 4682 (27/10)
Due Date 20 June 2015

File Attachment:

Notes:
File Attachment:


File Attachment:


docs.google.com/spreadsheets/d/1DaygNR_S...9JIqf-oF2R0sK1I0LAlf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 10 months ago #253080 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Gogga en Zettie, bly julle ook in/naby Boston of is julle toevallig by Louis Leipoldt?

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account