heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 5 months ago #257975 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi Leeina,

You are more than welcome to ask your questions or share your stories in English, we will the comment or reply in English.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257974 by leeina1
Replied by leeina1 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi mommies

I am due in May but I find that in this category its mostly Afrikaans speaking people and I feel that Its unfortunate that those who can only communicate in English cannot enjoy the benefits of this group. I am really not trying to start a war but myself and other women expecting in May/June would love to share our exciting stories,questions and fears with everyone here without having language being a barrier. I really hope you can accommodate us.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257960 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
So my vorige ondervinding by Stellenbosch Mediclinic:

Hulle het geensins by besoeke tye gehou nie, mense het gekom en gegaan soos hulle lus voel vir die meeste van die tyd. Dit het dinge vir my baie moeilik gemaak, want ek kon nie rus nie, en het so gesukkel met borsvoed en vir seuna wakker hou, dat ek 2 de dag onder trane was, met skoonpa wat buite die deur staan...Uncool!!! Te veel pressure vir my. So ek gaan die keer vra dat niemand my besoek nie, net my ouers, my man en seuntjie kan kom en gaan soos hul wil. Dan kan ek konsentreer op bonding en borsvoed regkry en bietjie rus voor ek huistoe gaan.

Baba was heeltyd by my in die kamer (al was dit keiser). Hy was net in die babakamer om vir "monitering". Dis hoe ek dit verkies het, daar was babas wat heeltyd in die babakamer was. Wat ek die keer 'n ander plan moet maak is om die knoppie wat die nurses roep naby my te he, want die ding was heeltyd buite bereik, so ek kon niemand roep vir hulp nie, en die eerste nag se seer na 'n keiser is nogals woes. En die staff het maar bitter min kom inloer deur die nag...Ek wou rerig nie he hulle moes dummy of bottel gebruik nie, so ek het hom by my verkies, maar moet definitief die knoppie langs my cable tie die keer!!!!

Oor almal wat baba wil vashou, hierdie keer sal ek net nee sê. Ek dink definitief ek sal my minder laat boelie die keer.

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257920 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
heheh lekker giggel ek nou vir julle!

Met Christo was ek die aand voor sy geboorte REG langs die kraam teater ingeboek, nie in die gewone maternity suite nie. julle dit was scary genoeg. maar hulle het vir my kom se, sekere mammas is drama queens en gaan woes te kere, maar dit is nie altyd so wild nie.

ek het ook nooit die hele toer of klasse of enige iets gedoen nie, want dit was net vir my te scary, veral toe van die vrouens by die werk hulle horror stories vertel, het ek besluit ek wil nie nog stories hoor nie.

Ek het die naweek vir my van Mr P se oefen broeke gekoop, dit is regtig gemaklik, ek soek nog net hempies om by te dra, ek gaan nie pjs saam vat nie, ek gaan daarin slaap en loop sodat ek nie elke keer as ek uit die kamer gaan of iemand kom kuier 'n japon hoef aan te trek nie. die kamers is oor die algemeen ook heerlik warm vir die babas so ek dink nie julle hoef te warm te pak nie.

by PTA oos het die familie besoektye gehad behalwe pappa en boeties& sussies. hulle kon kom en gaan soos hulle wil. Baba was ook in die kamer gewees behalwe die eerste nag (as jy gekeiser het) omdat die meeste mammas nog baie seer het. MAAR hulle bring daai trollie baie getrou vir voedings tye, so as jy keiser, moet jy maar weet jy gaan 'n paar keer wakker gemaak word die eerste nag :lol:

van nag 2 af slaap baba by jou in die kamer. jy het nogsteeds die opsie om baba kamer toe te stuur as jy so wou. dit het lekker gewerk vir my met bad tyd wanneer ek wou gaan bad. dan is daar darem iemand om 'n ogie te hou oor baba :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257916 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ML vat glad nie P leave nie ... sal hopenlik by wees as ek kraam en daarna kom en gaan soos hy wil. Omdat ons op die plaas bly is hy baie flexible maar hy is GLAD nie handson met so klein babatjie nie en ek is glad nie geworry nie hy doen sy deel op ander gebiede en dit werk goed vir ons ... ek weet soms kan dit baie vrywing veroorsaak tussen man en vrou maar ons verstaan mekaar daar 100 % en weet elkeen doen sy deel en doen dit goed :-) .Die pa het geen besoek tye in paarl nie kan kom as deur oop maak en gaan as deure toe maak :-) res is STERNG besoek tyd

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257915 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ML het darm 1weeksdag in die maand af (hy werk in retail) so hy spaar maar daardie dag vir as ek in gaan dan het hy 3dae as ek uit kom. Hy het ook sy verlof uitgestel en gaan dit in Mei vat so dan is ons almal vir 4 weke by die huis. Dis net ousus wat tot 2uur toe by die skool sal wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257914 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Dolla ek het ook vir my ma gese hy moenie al sy paternity leave vir die hospitaal gebruik nie, in die hospitaal sal ek oukei wees op my eie, hy moet dit eerder hou vir as baba die eerste keer huis toe gaan. Hy kry ook drie dae, so die een dag sal seker gaan vir die dag waarop baba gebore word, en die ander twee vir by die huis. Shame dis vrek min, ek hoop sy werk gee hom dag of wat ekstra.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account