heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 5 months ago - 11 years 5 months ago #257892 by Este
Replied by Este on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More almal!

Twinkle ek is nog met julle, net baie stil :) Elke keer wat ek iets wil post word ek weer besig by die werk. En by die huis is dit chaos met baba kamer regmaak, en die mense verf by ons en maak ons tuin reg EN dan het ons staffie nog 10 baba'tjies gekry wat ek na moet kyk. My man werk op n plaas en hy kom eers in die aande so 7h by die huis so alles dit is in my hande bedags as ek half 4 by huis kom.

Ek is hierdie week 33 weke. Die tyd gaan nou bitter vinnig. Het die naweek by baby shower gehad, en baie lekker mooi en oulike goedjies gekry en die mans doekebraai gehad so het darem nou lekker klompie pakke doeke. Kort nou nog net klein goedjies soos vessies en spoegdoeke.

Babakamer ook darem klaar. Sal vir julle foto's post.

Gister my moed sommer gesak, ek het n oulike vroutjie gekry wat in huis gewerk het en na baba sou omsien bedags as ek werk toe moes kom tot einde van jaar, toe besluit sy dit is nou nie meer vir haar lekker om skoon te maak nie. So sit nogals met hande in hare nou. Maar ek glo daar sal n uitweg kom. My man se dit dalk teken dat ons net nog iemand beter sal kry of daar n ander uitweg sal kom.

Gaan volgende week vir 34 weke. Sien uit om die mannetjie weer te sien. Die spasie raak nou net bietjie beperk al. Voel of my maag wil bars al klaar. :laugh:

Van hoeveel weke af sal jul se moet sakke gereed en gepak gewees?

Pajamas is n kopseer ek kry nerens pajamas met knopies nie.... Wil nie dik winter pajamas vat nie want Mei maand darem nog nie so koud nie en Paarl kan maar warm raak.

Haffie jy vra oor slaap, ek slaap AKLIG, die sooibrand kry my onder soos totaal en al. Ek dink ek gaan deur Gaviscon soos koeldrank. Is al op voorskrif pille vir sooibrand maar help ook net mooi niks nie. So ek le heelnag wakker met sooibrand en verder net ongemaklik.

Lekker dag vir jul almal!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257880 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Haha Dolla, nee!! My man raak so effens nuuskierig. Maar ek byt vas:-) En die gynae is vreeslik konsidirerent, en moet sê.

Jip Irene, ek dink ons gaan weer so by 3.8 kg draai, miskien bietjie meer. Maar my man is 2 meter lank so dis nie heeltemal onverwags nie:-)

Wat my bietjie benoud maak is dat ek reeds so ongemaklik is, en baba gaan nog ten minste verdubbel in grootte. Ek het 'n BAIE kort lyf. Ek bedoel my ribbes en my heupbene is seker net 'n cm uit mekaar uit by hulle onderskeie hoogste en laagstepunte... Waar gaan ek gaan met die babatjie???? Ek begin nou onthou van my baie seer ribbes laas.

Hoe slaap julle??
Ek kry omtrent niks geslaap nie...

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257877 by DollaD5*
Replied by DollaD5* on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sterkte 3xmom, sulke nuus is nooit lekker nie.

Haffie dit klink na 'n gesonde babatjie wat jy daar het. Ek neem aan die versoeking het jou nie oorval om te loer na die geslag nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257876 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ag nee 3xmom, dis nie lekker nie - lang herstelproses wat voorle!! Maar darem lewe sy....

Haffie, sjoe jou babatjie is al lekker groot!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257871 by Twinkle
Replied by Twinkle on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sterkte 3xMOM

Hahaha haffie ek moet ook weer begin stap hierdie jaar het net sleg begin was so ongelooflik warm... ek hoop as ek weer op 30 weke dr toe gaan gaan ek nie so "baie" opgetel het soos laaste keer van 16 weke tot 25 weke nie....

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257867 by haffie
Replied by haffie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Was gister vir my 30 weke scan. Kon babatjie se wimpers sien!!! En so cute roosbekkie!!! so amazing!! Krummel weeg nou so 1.6kg - byna dubbel van 4 weke teurg. En ek.... wel ek weeg heeltemal te veel!!!! gaan moet gaan stap stap en stap as krummel eers hier is!

My afsprake is nou weer op 34 weke, en dan weer op 37.

[link=http://lilypie.com] [/link]

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 5 months ago #257863 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More!

Jong ja ek is self confused oor die Clicks ding. Maar kan tog wel onthou die vrou het my vertel jy registreer dan kry jy 'n sakkie met samples. dalk was dit net 'n once off thing, dunno? Maar die double points help ook. :)

Ons het gisteraand slegte nuus gekry, ML se tannie was in 'n ernstige ongeluk gisteraand, en le in ICU, ons het nog nie al die feite nie, maar klink my 'n trok het in haar vasgery nadat die band gebars het. Ek ken die pad waar die ongeluk was, en die trokke en taxis ry soos hulle wil daar... Maar sover ons weet het sy ernstige besrings opgedoen, ribbes, pelvis, 'n bo been is blykbaar gebreek, hulle gaan nou vandag verder kyk met x strale ens wat nog fout is. Ons is net dankbaar dat sy leef! Maar dit is nie lekker om so iets te hoor nie. :(

hoop julle daggie is lekker!!

:heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account