LizeMari ek hou ook nie daarvan as mense dit doen nie want almal se ervarings verskil - ek hou ook glad nie van die druk wat party vroue op ander sit nie, soos bv met borsvoed en natuurlik kraam / keiser....ek is op so een ander Fbk groep en dit raak belaglik daar! Daar's selfs vroue wat ander vroue aanraai om nie na die dokter te luister nie, en goed se soos dat "dokters net wil geld maak". Dis dalk waar in sommige gevalle, maar definitief nie alle gevalle nie, en ek luister eerder na 'n dokter met mediese kennis as 'n vrou wat dink sy weet beter omdat iets vir haar gewerk het en nou neem sy aan dit werk vir almal.
My vriendin by die werk se buurvrou se dogtertjie is doodgebore oor die vrou geweier het dat die hospitaalpersoneel die baba monitor toe sy in kraam gaan want sy wou nie mediese intervention he nie. So ek luister beslis eerder na mense wat medies gesproke beter weet! My nefie is 'n dokter en baie pro-natuurlik kraam, maar hy se self daar is eenvoudig gevalle waar dit nie uitwerk nie en dat dit gebeur vir 'n rede, en dat dit verskriklik frustrerend is as vrouens by die hospitaal opdaag en nie na raad wil luister nie.