Haffie, hoekom vra jy nie vir Gogga om jou te add op die whatsapp groepie nie? eks uit data uit so dit is lekker in die aande om by die huis op die wifi te klim en te sien wat almal alles gesels het deur die dag. veral die paartjies wat so bietjie stil is nou
ek is 'n keiser mamma. Met Christo wou ek ook graag normaal kraam, maar land toe in die hospitaal met 'n uti, ek was op die monitor gewees en een van die kere het Christo se hartkloppie geval en was weg vir amper 'n minuut. toe klim dit tot oor 180 wat nie goed was nie. Dr het my dadelik geboek vir keiser (was 37w2d) ek het letterlik n uur gehad om reg te maak en te vergeet van normaal kraam. hy is gebore met die naelstring 2x om sy nek. hy was besig om homself te strangle.
dit was die eerste keer wat ek besef het dat geboorte planne nie altyd uitwerk nie. ek was dankbaar en is nog steeds vir my gynae, sy vat nie kanse nie.
omdat Juandre 19 maande jonger as Christo is was hy natuurlik ook met 'n keiser gebore. hy het ook sports gemaak op 37w4d. hy het besluit om stil te le, was weer opgeneem, en gemonitor. toe besluit hulle hy le regtig te stil alhoewel alles 100% lyk. en besluit om hom dieselfde dag uit te haal. sy naelstring was net 15cm lank. ( ek was ook onwetend in kraam met Juandre) volgens die suster was my kontraksies tussen 3 en 5 min uit mekaar, maar dit was nie seer nie, ek het gedink dit is BH.
ek vermoed die ene gaan ook omtrend op 37w kom, hopenlik nie agv. 'n naelstring issue nie.
dolla, dalk moet jy uitvind, dalk gee hulle dit nogsteeds? ek brand om te weet wat alles daarbinne is