Hallo Julle!
Happy Friday!!!
Twinkle, ai jong, hoop jy en Haffie voel sommer gou gou beter.
Ja die UIF stories... gedink ek sal hulle 'n luitjie gee en uitvind hoe lank voor die tyd kan mens registreer.
AFM:
het weer een van daai bizarre drome gehad, met hartseer ook. het my bietjie ontstig! gedroom ek is swanger met 'n baba dogtertjie maar het op 21weke 'n miskraam gehad.

en dat ons by 'n werks funksie is en almal is in 'n swembad besig om daai speletjie, wat hulle gewoonlik met 'n tennisbal speel, te speel maar niemand het 'n tennis bal nie toe gooi ons mekaar toe maar met 'n groot bruin klip. eish... tot iemand vir ons 'n tennis bal gebring het om mee te speel.
vanoggend was woes deurmekaar, het laat by die huis weggekom, het die skool bussie amper gemis, maar darem betyds by die werk gekom. ai ja jai...
maar verder gaan dit goed. my verkoue gevoel kom en gaan dit is asof dit nog nie lekker wil vat nie. ons gaan die naweek na 'n kinder partytjie toe, sien nogal uit daarna.
nou ja, julle moet 'n heerlike daggie he!!