heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 7 months ago #255485 by 3xmom
Replied by 3xmom on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
ek stem saam dit is woes duur. ken jy nie dalk iemand wat houtwerk doen nie? hulle kan dit gewoonlik teen baie goedkoper maak.

dit is hoe ek my kot gekry het. My pa is 'n gekwalifiseerde carpenter, so hy love houtwerk! hy het my kot gemaak van 'n prentjie af.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255483 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Twinkle het jy by Lotters Pine of 'n pine-winkel gekyk? Mense verkoop dit ook soms op Gumtree.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255481 by zettie
Replied by zettie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Shoe julle Feeding /Rocking Stoele is darem bitter duur ek wil
so graag een hê maar dit is so bitter duur :cry:

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255480 by Este
Replied by Este on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi almal,

Ek is 26 weke. Tyd gaan nou vinnig.

Ek was maandag by dokter toe vra ek hom party dae voel ek nie vir boetie altyd nie, toe se hy ook dit maar manier hoe hul gaan le ook dat mens soms nie so lekker kan voel nie. Sy gesiggie was amper hier in my onder sy se kant gewees, so kon hom toe ook nie vreeslik voel daardie dag nie. Behalwe toe dokter die scanner op my sit toe hy nie baie impress nie, een harde skop gegee en toe draai hy om en wil niks verder weet van gesiggie wys nie :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255476 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Jy is baie gelukkig Ilse! Ons werksure is vasgestel, ons mag nie flexi-ure werk nie en beslis ook nie halfdag nie. 'n Ander vrou het so drie jaar terug bedank want hulle wou nie haar ure minder maak nie. Maar nou ja, het darem 'n werk!

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255475 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Irene - myne skop/slaan ook allerhande plekke, kan nooit mooi uitfigure hoe sy le nie, maar sal later die week sien met die 4D.

Ek het ook darem nie 'n probleem met die kraamverlof nie, ook 4 maande betaald, dan gaan ek een maand verlof vat en een maand onbetaalde verlof, dus ook 6 maande in totaal. En dan wil ek net so 4-5 ure 'n dag werk vir so 3 maande of so as ek terugkom werk toe.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255474 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Nou se ek net vanoggend ek voel haar nie so duidelik nie, hier skop sy nou weer 'n paar keer, heel op 'n ander plek as gisteraand!

Ek kan darem nie kla oor my kraamverlof nie - 4 maande betaald. MAAR ek wil baie graag 6 maande vat. Iemand het een keer vir my gese ons mag die vier maande vat en dan nog twee wat onbetaald is, maar my supervisor het niks vir my daaroor gese nie, syt net genoem van die 4 maande en dat ek dan my gewone verlof daarby kan sit. Maar ek dink ek sal daai tyd net so twee weke ekstra se verlof he.... Maar aan die ander kant, dis maar groot finansiele druk om onbetaalde verlof te vat ook, my man moet klaar so baie locum, weet nie of ek vir sulke stres kans sien nie.

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account